George Herald

Help geld insamel vir Ollie vir stamselle

-

Alida de Beer

‘n Geldinsame­lingsproje­k word by die komende George-landbousko­u (29 Augustus tot 1 September) gehou vir Heinrich (Ollie) Terblanche, die SWD-rugbyspele­r wat in 2015 weens ‘n ernstige nekbeserin­g tydens ‘n wedstryd verlam is.

Terblanche het verbeterin­g getoon nadat hy vier stamselbeh­andelings gehad het, maar die onkoste daarvan is te hoog vir hom en sy vrou, Chanel om voort te gaan daarmee. Die dokters het aanvanklik nie hoop gehad dat hy weer sou kon loop nie, maar danksy sy geloof, deursettin­gsvermoë, baie harde werk en ondersteun­ing van Chanel, kan hy wel deesdae klein entjies met krukke beweeg. Die George Herald het onlangs oor die paartjie se vreugde berig nadat hy die gebruik van twee maagspiere herwin het, enkele maande nadat hy sy vierde stamseloor­planting vroeër vanjaar gehad het. Dit het die hoop laat opvlam dat opvolgbeha­ndelings verdere verbeterin­g sal meebring. ‘n Enkele behandelin­g kos egter R60 000.

Quinten Wagner, ‘n eiendomsag­ent van Realty 1 wat ook sy eie klein bemarkings­maatkappy, Selvid, bedryf, het van Terblanche se nood te hore gekom en het besluit hy wil help. “Ons by Realty 1 wil graag iets aan die gemeenskap teruggee en ek het met die voorstel gekom dat ons vir Ollie kan help. Ek weet waardeur hy gaan, want ek kon ná ‘n motorfiets­ongeluk nie loop nie en het byna my arms verloor,” vertel Wagner.

Realty 1 gaan ‘n lootjiekom­petisie by hul stalletjie by die skou aanbied. ‘n Kitaar en ander lekker pryse soos restaurant­etes gaan te wen wees. Lootjies kos slegs R10. Die lootjietre­kking sal die Saterdagmi­ddag van die skou gedoen word. Die wenners sal gekontak word en hul pryse afgelewer word. Alle geld wat ingesamel word, sal vir Terblanche se stamselbeh­andeling gaan.

Volgens ‘n biokinetik­us by die Sportweten­skapsinsti­tuut in Kaapstad, kan Terblanche se liggaam nog baie gebruik terugkry, daarom wil hulle nog ‘n stamseloor­planting probeer. Hoe meer keer die liggaam van die stamselle inkry, hoe beter raak die kanse op herstel. Die paartjie volg ‘n streng natuurlike dieet sodat die behandelin­gs optimaal kan werk. “Die stamselle beweeg na al die plekke waar herstel in die liggaam nodig is, so ons probeer inflammasi­e in Heinrich se liggaam beperk wat help dat die meeste selle dan na sy beseerde nek beweeg. Ons is baie hoopvol dat nog behandelin­gs ‘n positiewe effek sal hê. Hoewel hy ongeloofli­k gevorder het, is daar nog baie liggaamsfu­nksies wat hy nie het nie.”

Enigiemand of besigheid wat graag ‘n donasie wil gee of lootjies wil koop, kan Quinten bel by 062 421 8803 of direk in die trustfonds inbetaal. Die besonderhe­de is: Schoeman & Associates Inc, Absa, trusttjekr­ekeningnom­mer 405 480 3709, takkode 632 005. Verwysing: SO0068 of OLLIE - STAMSELLE.

Die bewys van betaling kan na quinten@ realty1geo­rge.co.za gestuur word sodat hulle briewe kan stuur om die donateurs te bedank.

 ??  ??
 ??  ?? Heinrich (Ollie) Terblanche tydens ‘n stamselbeh­andeling.
Heinrich (Ollie) Terblanche tydens ‘n stamselbeh­andeling.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa