George Herald

Skattejag en meer by George-skou

-

Die program van die George-landbousko­u wat van 29 Augustus tot 1 September aangebied word is weer propvol aktiwiteit­e vir jonk en oud. Hierdie jaar gaan daar ook ‘n 'Skattejag' gehou word met groot pryse op die spel.

Deelnemers moet die 'Be George'toepassing op hul selfone aflaai en dan by stalletjie 117 in die groot saal teen R5 per persoon inskryf vir die 'Skattejag'.

Met hul selfone sal daar aan hulle sekere punte op die terrein aangewys word waar hulle moet besoek aflê en sal die besoek dan registreer op die toepassing.

Die organiseer­ders beoog om punte op die terrein te kies wat fokus op landbouakt­iwiteite en hierdeur gaan hulle poog om veral kinders se belangstel­ling in landbou te prikkel. Wanneer al die punte besoek is, word jy outomaties ingeskryf vir die kompetisie van die dag, waar groot pryse daagliks gewen kan word.

Op Saterdag 1 September, sal ‘n algehele wenner vir die Skattejagk­ompetisie aangekondi­g word.

Nog 'n hoogtepunt by vanjaar se skou is die nasionale Jersey-kampioensk­appe.

Die skaapskeer­vertoning sal op Vrydag 31 Augustus plaasvind.

Die trekperde sal ook weer te sien wees en die skougenoot­skap bied in samewerkin­g met die Suid-Kaap Kollege ‘n kaas-enwynfees.

'n Ontwikkeli­ngsportfee­s waaraan ontwikkeli­ngspanne deelneem is ook op die agenda en sluit in bergfiets, padwedloop, toutrek, kragoptel, liggaamsbo­u, kragman en inheemse spele.

 ??  ?? Die George-landbousko­u vind plaas van 29 Augustus tot 1 September.
Die George-landbousko­u vind plaas van 29 Augustus tot 1 September.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa