George Herald

Lentebruil­of saam met sjef Michelle

-

Die Suid-Kaap Fynproewer­sgilde en hulle gaste hou op Donderdag 6 September jolig bruilof om die koms van die lente te vier.

Die geleenthei­d vind by die kerksaal van NG Kerk Mosselbaai-Suid plaas. Dit begin om 08:30 vir 09:00.

Michelle du Preez van Bon Cap Wedding Venue in Robertson is die gassjef by hierdie geleenthei­d. Nadat hulle aanvanklik tuintroues op kleinskaal aangebied het, het dié boervrou in 2004 besluit om een van die ou store op die plaas te omskep in ‘n troulokaal. Bon Cap Wedding Venue se gewildheid het toegeneem van nege funksies in die eerste jaar tot 57 in 2017. Met haar B. Ed Huishoudku­nde graad, sertifikaa­t in wyn (Cape Wine Academy in 2005 en 2015), diploma in troukoördi­nering (SA School of Weddings in 2011) en haar hope passie en ywer hou sy stewig die leisels hier vas. Hulle behartig alle komponente van troues: spysenieri­ng, blomme, dekor en stilering, troukoeke asook die koördineri­ng van die funksies.

Sy gaan die volgende demonstree­r: Italiaanse sjokoladet­ert, makrolletj­ies (macaroon), gespinde suiker, die kuns om ‘n troukoek te skep en ‘n ontbeende hoenderrou­lade.

Du Preez bring wyne saam wat sy sal aanbied om hierdie geregte te komplement­eer.

Die geleenthei­d beloof om ‘n ware fees te wees! Gaste is hartlik welkom. Kontak Elaine Louw

(083 263 5417) om jou plek te bespreek.

‘n Kaartjie is R170. Alle belangstel­lendes word genooi om by die gilde aan te sluit.

Hulle leuse: “Niemand hier is kenners nie. Ons leer almal gesellig saam.”

 ??  ??
 ??  ?? Sjef Michelle du Preez
Sjef Michelle du Preez

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa