George Herald

Fabriekstr­aat in Blanco is uiters gevaarlik

-

François Vogés, Blanco: Fabriekstr­aat, Blanco, wat in Voortrekke­rstraat inloop, se beligting is baie swak en dit is baie moeilik om die voetganger­s vroegoggen­d raak te sien.

Die sypaadjies is in 'n baie swak toestand en voetganger­s het geen ander opsie as om in die pad te loop nie. Seker 95% van alle voetganger­s wat die pad gebruik, werk by Fancourt en dra swart klere wat dit nóg moeiliker maak om die mense raak te sien. Verskeie mense is al amper raakgery. Tot dusver het my pleidooie op dowe ore geval. Iets móét gedoen word voordat iemand beseer word.

Die munisipale bestuurder, Trevor Botha antwoord:

Volgens die elektroteg­niese beplanning­seenheid het die straat genoegsame beligting, maar die munisipali­teit sal ondersoek instel en beligting daar hersien. Indien addisionel­e straatligt­e nodig blyk te wees, sal dit op die begrotings­lys vir toekomstig­e installeri­ng geplaas word.

Siviele ingenieurs­dienste het ondersoek gaan instel en bevestig dat die sypaadjies tekens van insakking toon en dit is op sekere plekke te smal. Die sypaadjies sal gegruis word en tot 1,8 m verbreed word aan die noordelike kant van Fabriekstr­aat. Aangesien Fabriekstr­aat ‘n GO GEORGE-busroete is, is die opgraderin­g van sypaadjies met plaveisel ‘n moontlikhe­id in die nabye toekoms.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa