George Herald

Vandale saai verwoestin­g onder grafte

-

Connell, George:

Ons was gister (Donderdag, 16 Augustus) by my seun se graf in Yorkstraat en kom op omtrent 15 nuwe gevalle van grafskendi­ng af.

Dit is verskrikli­k hartseer en ons voel vir die mense wie se geliefdes daar lê. My seun se graf het gespaar gebly.

Is daar nie 'n oplossing nie?

Walter Hendricks, direkteur van gemeenskap­sdienste, antwoord:

Vandalisme is ‘n probleem in George en oral in ons land. Die munisipali­teit beplan om beligting aan te bring in die Georgebegr­aafplaas in die huidige finansiële jaar as een van die maatreëls om die probleem van vandalisme aan te spreek. Ons simpatisee­r met die geaffektee­rde families en doen ‘n beroep op diegene verantwoor­delik vir die skending van grafte om hulle te weerhou van hierdie sinnelose optrede. Die instandhou­ding van die begraafpla­as is die funksie van die munisipali­teit, maar die instandhou­ding van grafstene bly die verantwoor­delikheid van families.

Richard von Willigh, bestuurder van wetstoepas­sing, versoek die publiek om enige verdagte persone of vandalisme by die wetstoepas­singsafdel­ing gedurende kantoorure aan te meld by 044 801

6350 of na-ure by 044 801 6300. Die wetstoepas­singsafdel­ing onderneem om die gebiede meer gereeld te patrolleer.

 ??  ?? Die skade wat vandale onlangs aangerig het.
Die skade wat vandale onlangs aangerig het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa