George Herald

Nellie Erasmus vier 100 jaar

-

Nellie Erasmus het op Vrydag 3 Augustus haar 100ste verjaarsda­g saam met haar familie gevier.

Sy was 'n nooi Venter wat in Kokstad gebore is en het op 'n plaas in die Umximkulu-omgewing grootgewor­d. Sy is in 1939 met Rudolf Erasmus getroud. Die paartjie het 'n handelstas­ie op Kakas Hill in die voormalige Transkei begin en die vlytige Erasmus het daardie dae nie geskroom om agter 'n vragmotor se stuur in te klim of te help vrag aflaai nie.

Van haar twee kinders leef net haar dogter, Marie Muller, wat een dogter en drie seuns het.

Erasmus se nageslag is twee kinders, agt kleinkinde­rs, sewe agterklein­kinders en twee agter-agterklein­kinders. Haar seun en sy gesin is jare gelede in 'n ongeluk dood, behalwe vir hul oudste seun, Rudolf. Hy is deur sy oupa en ouma aangeneem. Ná Erasmus se man in 1978 oorlede is, het sy haar kleinseun alleen grootgemaa­k. Sy het die besigheid wat hulle op daardie stadium gehad het, vir 'n geruime tyd alleen bedryf voordat sy dit verkoop het om 'n opleidings­kursus te doen (sy was in haar sestigs) en as matrone in 'n skoolkoshu­is in Kokstad te werk. Haar familie som haar op as 'n uiters behulpsame mens met vaste oortuiging­s en iemand wat haar eie behoeftes op die agtergrond sal skuif om haar medemens te help. Sy is 'n inwoner van Precious Life Frail Care.

 ??  ?? Vyf geslagte saam. Die 100-jarige Nellie Erasmus en haar vroulike nageslag. Agter staan Marinda Müller (links, kleindogte­r) en Marie Müller (dogter) en voor is haar agterklein­dogter Angelique Strauss en agter-agterklein­dogter Jessy Strauss. Die Strauss’e is van Francistow­n, Botswana.
Vyf geslagte saam. Die 100-jarige Nellie Erasmus en haar vroulike nageslag. Agter staan Marinda Müller (links, kleindogte­r) en Marie Müller (dogter) en voor is haar agterklein­dogter Angelique Strauss en agter-agterklein­dogter Jessy Strauss. Die Strauss’e is van Francistow­n, Botswana.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa