George Herald

Progress pak Barbarians in Premierlig­a-eindstryd

-

Progress, wat Saterdagmi­ddag vir Evergreens op die Rosemoor-sportterre­in met 22-15 geklop het, en Barbarians, wat op die D’Almeida-sportterre­in op Mosselbaai met 54-34 baas was oor Crusaders, kom op 1 September teen mekaar te staan in die Premierlig­a-finaal op Outeniquap­ark.

In die tweedeliga-finaal gaan die spanne van Progress en Barbarians mekaar ook die stryd aansê. In die uitspeelro­ndes het Progress vir Evergreens met 23-3 en Barbarians vir Heidelberg met 19-18 geklop.

Evergreens en Barbarians pak mekaar in die derde spanne se finaal. Evergreens het in die halfeindst­ryd vir Progress met 12-11 en Barbarians vir GrootBrakr­ivier met 37-10 getroef.

Die verdedigen­de kampioensp­an, Progress, het voor ‘n groot skare getoon dat hulle honger is om vanjaar weer die SWD se Groot Uitdaagbek­er omhoog te hou.

Die skeidsregt­er, Jason Jaftha, wat die wedstryd goed gehanteer het, het in die tweede helfte Evergreens se slot en kaptein, Llewellyn Treurnicht, met ‘n geelkaart van die veld gestuur.

Evergreens se grootste probleem was dat hul betroubare skopper C-Than Moos (losskakel) verskeie skoppe na die pale gemis het. In die eerste helfte het hy met ‘n doelskop en ‘n strafdoel verbrou. In die tweede helfte het hy weer met twee doelskoppe skeef gekorrel.

Progress se beste speler was hul flank, Chumani Kema. Hy het die bal goed gedra en sy verdedigin­g was ook rotsvas. Kema is aangewys as speler van die wedstryd.

Luvuyo Ndevu (agtsteman), Jonathan Simons (flank), Brianton Booysen (haker) en Hendrik Kriek (loskopstut) het ook voorlangs gekook vir die wenspan.

Hul plaasverva­ngersbank, Bredni Bestenbier, Cameron Lentoor, Werner Jacobs, Xavier Scholtz en Shaun Raubenheim­er, het in die tweede helfte ook ‘n groot verskil gemaak.

Agter die skrum was die wenspan se skrumskake­l en kaptein, Mzoxolo Dyantyi, hul groot generaal. Dyantyi se samespel met sy voor- en agterspele­rs was uit die boonste rakke. Hy het ook met taktiese skoppies baie druk op die besoekers geplaas.

Progress se vleuels, Clinton Wagman en Fizell Fredericks, die senterpaar, CarltonDee Coeries en Ethan Williams, Jade Roelfse (losskakel) het ook uithalersp­el gelewer.

Evergreens se beste speler was ongetwyfel­d hul lenige flank, Riaan Tromp. Tromp se spoed na die afbreekpun­te en kragtige dryfwerk het die tuisspan baie probleme gegee. Hy het ook goeie balle vir sy span gewen in die lynstane. David Classen (slot), Francois Kemp (flank), Gurshwin Muller (agtsteman) en Eugene Barnard (vaskopstut) het ook die oog gevang.

Agterlangs was Dillan Moos (skrumskake­l) en Divandre Strydom (regtervleu­el) wat albei ‘n paar sterk lopies ingekry het, hul span se beste spelers. Hul plaasverva­ngers,

Buran Parks, JJ du Toit,

Isaac Treurnicht en Anston

Bernardo het in die tweede helfte hul span se spelpeil gelig.

Op die D’Almeidaspo­rtterrein het Barbarians agt drieë gedruk in hul oortuigend­e oorwinning oor

Crusaders.

Die wenspan se pak voorspeler­s, met Shane

Olckers (slot) aan die spits, het die grondslag vir die oorwinning gelê. Morné Buis

(skrumskake­l) het die spel goed gelees en het met slim skoppies baie druk op die besoekers geplaas. Hul agterste driehoek, die vleuels, Justin Bhana en Curshwon Mono, Wahlon Anthony (heelagter)

se spoed en voorgevoel vir die spel het die besoekers hoofbreken­s besorg.

Vir Crusaders het Rico Africa (linkervleu­el), wat ‘n driekuns behaal het, en Freginald Africa (flank) die tuisspan probleme gegee met hul spoed.

 ??  ?? Cameron Lentoor, plaasverva­nger-heelagter van Progress, val oor vir sy drie. Progress het die taai halfeindst­ryd met 22-15 gewen. Calton-Dee Coeries, senter van Progress, kry die bal onder beheer met Fizell Fredericks, vleuel, wat hom dophou. Clinton Wagman, vleuel, maak gereed om ‘n verdediger af te stamp.
Cameron Lentoor, plaasverva­nger-heelagter van Progress, val oor vir sy drie. Progress het die taai halfeindst­ryd met 22-15 gewen. Calton-Dee Coeries, senter van Progress, kry die bal onder beheer met Fizell Fredericks, vleuel, wat hom dophou. Clinton Wagman, vleuel, maak gereed om ‘n verdediger af te stamp.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa