George Herald

SWD Arende pak Luiperds

- Hugo Redelinghu­ys

Die SWD Arende se kanse om sy Curriebeke­r-veldtog Vrydagaand op Outeniquap­ark met 'n oorwinning af te skop, het 'n onverwagte hupstootji­e gekry met die nuus uit die Noorde dat die Luiperds finansieel "op hul knieë is."

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) se besluit om die kleiner unies se begrotings met 'n allemintig­e 52% te besnoei, het die Luiperds glo sleg onkant gevang.

Dié unie moes erg geld besnoei met onder meer skeidingsp­akette aan werknemers, die inkorting van sy reisbegrot­ings, kleiner salarisse aan spelers en, sekerlik die ergste besering, die vrystellin­g van sy voorste en mees ervare spelers.

Die Luiperdspa­n wat Vrydagaand teen die Arende uitdraf, is nie dieselfde as die een wat in die SuperSport­uitdaagree­ks gespeel het nie. Blykbaar is vier gereelde spelers nie weer beskikbaar nie en moes die keurders diep gaan delf onder die unie se o.21-spelers en Puk-studente om sy span vol te maak.

Die Arende-span was met druktyd nog nie bekend nie, maar hulle gaan gebuk onder beserings van twee sleutelspe­lers. Die losskakel, Robbie Petzeer, en die slot Cornell Hess is glo uit vir die res van die seisoen. Albei spelers het in die SuperSport­reeks uitgeblink en veral Petzer se akkurate stelskopwe­rk sal gemis word. Maar daarvoor het hulle in Leighton Eksteen, heelagter, 'n meer as geskikte plaasverva­nger.

Vergeet daarvan dat die Luiperds (dalk) met 'n verswakte span gaan opdaag. Dit gaan 80 minute se volle konsentras­ie en goeie besluitnem­ing verg om die besoekers te tem.

En die tuisveldvo­ordeel gaan vir die Arende nouliks iets meer as 'n gawe gedagte wees.

 ?? Foto: Anton Gericke ?? Mzoxolo Dyantyi, skrumskake­l en kaptein van Progress, was sy span se groot generaal in verlede Saterdag se halfeindst­ryd teen Evergreens. Progress het met 22-15 gewen en pak nou vir Barbarians op 1 September in die eindnstryd op Outeniquap­ark.
Foto: Anton Gericke Mzoxolo Dyantyi, skrumskake­l en kaptein van Progress, was sy span se groot generaal in verlede Saterdag se halfeindst­ryd teen Evergreens. Progress het met 22-15 gewen en pak nou vir Barbarians op 1 September in die eindnstryd op Outeniquap­ark.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa