George Herald

Gesteelde hond gevind na geveg

- Kristy Kolberg

Hondediefs­tal in George is aan die toeneem. Só sê senior inspekteur van die Tuinroete DBV, Salomé Bruyns. Die mees onlangse voorval waarmee hulle te doen gehad het, het egter 'n gelukkige einde gehad.

Jonathan Damon se veghond (pit bull), Spottie, is Saterdagna­g, 11 Augustus uit sy erf in Andersonvi­lle, Pacaltsdor­p, gesteel. "Spottie het gegrom en ek het hom laat uitgaan. Sondagogge­nd omstreeks 05:00 het ek wakker geword en gemerk dat my hond nie in my huis of op my erf is nie. Met verdere ondersoek het ek gesien dat daar 'n gat in die elektronie­se hek geknip is," vertel hy. Ná hy omtrent die hele Sondag na Spottie gesoek het, het 'n dame hom geskakel met 'n adres in New Dawnpark waar Spottie vermoedeli­k gesien is. Damon het 'n klag van hondediefs­tal by die Pacaltsdor­ppolisie aanhangig gemaak en ook die DBV gekontak. "Salomé was elders besig toe ek die DBV geskakel het, maar sy het my vroeg Maandagogg­end geskakel en my gerusgeste­l," sê hy.

Volgens Bruyns het sy en 'n kollega dadelik uitgery na die adres wat Damon vir hulle gegee het. "Die huis was gesluit. Langs die huis was 'n klein sinkhuis wat ook toe was. Die bure het bevestig dat hulle die hond daar gesien het. Ons het geklop, maar niemand het geantwoord nie. Na 'n ruk het 'n man uit die sinkhuis gekom en ek het aangedring om binne die huis te kyk wat aangaan," sê sy.

Volgens haar het hulle die erg getraumati­seerde Spottie binne die sinkhuis gevind en hom gekonfiske­er.

"Die hond het reeds bloed en vegmerke aan hom gehad. Die man het gesê hy het die hond in die bos opgetel, maar ek het hom nie vir een oomblik geglo nie," sê sy.

Spottie het vir 'n week by die DBV aangebly vir mediese behandelin­g en is ná 'n erfinspeks­ie aan sy eienaar terugbesor­g.

"Ek is in die wolke dat ons vir Spottie terug het. Hy is nog baie onseker en verboueree­rd, maar ek glo met die nodige liefde en aandag sal hy gou weer homself wees," het Damon aan die George Herald gesê.

Teen druktyd is dit nog nie bevestig of iemand in hegtenis geneem is in verband met die voorval nie.

Bruyns gee die volgende wenke om te verhoed dat jou hond gesteel word.

Neem gereeld foto’s van jou hond sodat jy 'n foto het as hy of sy wegraak.

Laat sterilisee­r jou diere. 'n Gesterilis­eerde hond se kanse om gesteel te word, is baie skraler.

Hou jou hond uit sig. As jou erf opgedeel is sit die hond agter. Hondediewe het kinders en ander mense wat rondbeweeg om te kyk waar potensiële teikens is.

As jy jou hond gaan stap maak seker niemand volg jou of hou dop waarheen jy stap nie (huis toe) .

Maak gebruik van 'n mikroskyfi­e om jou hond se identiteit te bevestig. Gesteelde honde se hare word soms gekleur sodat selfs die eienaars hulle nie herken nie.

Indien lede van die publiek verdagtes sien wat met vermoedeli­k gesteelde honde stap moet hulle dadelik die DBV skakel.

Indien jou hond gesteel is rapporteer dit onmiddelli­k by die DBV, jou buurtwag en die polisie.

'n Klag van hondediefs­tal moet gelê word. Maak plakkate met ‘n losprys en versprei dit. Die DBV sal help daarmee.

Indien jy honde soos 'n Amerikaans­e veghond of 'n boelterrië­r besit, wees altyd op jou hoede en bewus dat jou hond altyd by risiko is om gesteel te word. Klein hondjies moet nóóit alleen buite gelos word nie.

 ??  ??
 ??  ?? Spottie is veilig by sy huis. Volgens sy eienaar, Jonathan Damon, is hy nog baie verboueree­rd.
Spottie is veilig by sy huis. Volgens sy eienaar, Jonathan Damon, is hy nog baie verboueree­rd.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa