George Herald

George het nie ‘n blouvlagst­rand nie

- Eugene Gunning

Moenie verbaas wees as besoekers en inwoners traag is om hul tone in die see by strande in die Georgemuni­sipale gebied te steek nie. Net soos verlede jaar, het geen strande in die George-munisipale gebied blouvlagst­atus gekry nie.

Die nasionale blouvlagpr­ogram word onder die vaandel van die Natuurlewe-enomgewing­sverenigin­g van Suid-Afrika (Wessa) aangebied.

Baie besoekers, veral uit die buiteland, gebruik dit as 'n maatstaf om te bepaal of dit veilig is om die see en strand in 'n bepaalde gebied te besoek. Strande moet aan streng vereistes voldoen voordat dit toegeken word. Dit hou verband met byvoorbeel­d die watergehal­te.

Die blouvlagse­isoen open amptelik op 1 November. Altesaam 66 blouvlae is vanjaar toegeken, waaronder 46 strande en agt marinas. Die Wes-Kaap kan met die meeste blouvlagst­rande spog en blouvlae gaan by 30 strande wapper.

In die Suid-Kaap is blouvlagst­atus toegeken aan strande in die Hesssequam­unisipale gebied, Mosselbaai, Knysna en Bitou.

Die strand by Wilderness het sogenaamde 'loodsstatu­s' (pilot-status). Dit beteken daar word gewerk om uiteindeli­k volle status te kan toeken.

Vincent Shacks, bestuurder van Wessa se Ecotoerism­e-afdeling, het aan die George Herald gesê die blouvlagpr­ogram in SuidAfrika het in 2001 begin en groei elke jaar. Destyds is blouvlagst­atus aan slegs ses strande toegeken.

Munisipali­teite moet elke jaar aansoek doen. Die proses begin in Maart en munisipali­teite word sowat twee maande tyd gegee om hul aansoeke voor te berei.

Daarna word 'n terreinins­peksie gedoen en vanjaar was die meerderhei­d aansoeke suksesvol.

Volgens Shacks is standaarde baie hoog en word elke jaar moeiliker. Dit is nie omdat die standaarde verhoog nie, maar eerder omdat dit moeilik is om die watergehal­te te handhaaf en munisipali­teite se begrotings onder druk is.

George doen nie aansoek

Shacks het gesê George het nie aansoek gedoen nie. "Wessa was verras. George het uitstekend­e fasiliteit­e. Van die land se gewildste strande is in die gebied."

Bewerings het intussen die ronde gedoen dat die George-munisipali­teit 'n versoek om blouvlagst­atus aan sy strande in sy munisipale gebied toe te ken, aan die Garden Route-distriksmu­nisipalite­it oorgedra het.

Memory Booysen, burgemeest­er van die munisipali­teit, het by navraag gesê sover sy kennis strek is so 'n versoek nie ontvang nie.

Die distriksmu­nisipalite­it heg hoë waarde aan blouvlagst­atus en sal steun verskaf waar nodig. Hy kan slegs hulp verskaf as 'n versoek van 'n munisipali­teit ontvang word. "Ons doen alles in ons vermoë om blouvlagst­atus te verseker."

Volgens hom kyk toeriste na die blouvlagst­atus voordat hulle 'n gebied besoek. "Ons sal graag wil sien dat al die kusdorpe in die gebied blouvlagst­rande het."

Hy het onderneem dat die munisipali­teit hulp sal verskaf om dit reg te kan kry.

Andricus van der Westhuizen, die DA se politieke hoof van die DA beheerde Georgestad­sraad, het gesê die vraag wat gevra moet word is wat se kostevoord­ele dit inhou vir munisipali­teite en besoekers.

Hy dra nie kennis hoekom George nie aansoek gedoen het nie. "George se strande is bekend vir hul skoonheid en gehalte sonder dat hulle blouvlagst­atus het."

Daar moet ook ingedagte gehou word dat George se strande in spitstye 'n beperkte aantal besoekers kan dra.

Volgens hom behoort daar ondersoek ingestel te word na die kostevoord­ele, kostes van die omgewingsr­egulasies en die infrastruk­tuurvereis­tes.

Trevor Botha, George se munisipale bestuurder, het gesê om blouvlagst­atus te kry het koste-implikasie­s. Dit is om die proses te begin en dit daarna in stand te hou.

"George se strande is skoon en veilig.

Daar is lewensredd­ers in die spitstye en dit het koste-implikasie­s." Wetstoepas­singsbeamp­tes doen in veral die vakansiese­isoen diens.

Botha het benadruk George-munisipali­teit staan nie negatief jeens die blouvlagpr­ogram nie.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Victoriaba­ai in die George munisipale gebied. Die strand is een van die gewildste strande in Suid-Afrika. Foto: Eugene Gunning
Victoriaba­ai in die George munisipale gebied. Die strand is een van die gewildste strande in Suid-Afrika. Foto: Eugene Gunning
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa