George Herald

Galakonste­rt sluit etensuurko­nserte af

-

Die pasafgelop­e Lente etensuur konsert reeks in die NG Moederkerk het weer aan Georgiete die geleenthei­d gebied om die hoë standaard van George se plaaslike talent te ervaar.

Georgiete wat nie die etensuurko­nserte kon bywoon nie, kry Maandagaan­d 22 Oktober die geleenthei­d om 'n keur uit hierdie konserte te geniet tydens 'n galakonser­t wat om 19:00 by die Moederkerk aangebied word.

Die ses gratis konserte is deur George Surgical Centre geborg. Pianis Dalene Steenkamp-Brits het die meeste van die begeleidin­g meesterlik hanteer.

Die reeks het begin met 'n tweeklavie­rduo met Dalene Brits en Kaléne Roux met werke van Bach, Mozart en Mihaud. Hol y Cross Prima rys e musiek departemen­t was 'n lieflike toonvenste­r van die talent van die opkomende geslag musici. Sangers Elisabeth Potgieter en Heinrich Jonck het kragte met Elize Munro (klarinet) en Dalene Brits saamgespan in 'n program van liedere en duette. Werke van onder meer Schubert, Mendelssoh­n, Grieg,

Liszt en Schumann was op die program.

Die Klaralt-trio met Elize Munro, Ingrid Robinson (altviool) en Dalene Brits het 'n program van Mozart-, Schumann- en Bruchwerke gespeel.

Die trio vorm 'n besondere kombinasie van instrument­e. Virtuose werke vir die fluit is deur Ruan van der Vyver en Dalene Brits opgevoer. Poulenc se fluitsonat­e en Borne se briljante fantasie op temas uit Carmen was op hierdie program.

Die reeks is afgesluit met 'n konsert van orrel- en klavierduo's met Dalene Brits en Gerrit Jordaan. Tydens dié konsert is Brits se aangrypend­e verwerking op die Magaliesbu­rgse Aandlied gepremière.

Die konsert is gratis, maar donasies is welkom na afloop van die konsert.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa