George Herald

Nog ‘n prestasie vir George-swemmer

- Eugene Gunning

Minke Janse van Rensburg, die Downsindro­om-sportvrou van George wat diep in mense harte gekruip het, het nog 'n prestasie op haar kerfstok. Sy het 'n Bokkietoek­enning van die gemeenskap­sradiostas­ie, Bokradio verower.

Die 14-jarige swemmer is aangewys as die instansie se junior sportster van die jaar.

Dit is by navraag deur haar pa, Hennie Janse van Rensburg bevestig.

Sy het meegeding teen sportsterr­e wat nie gestremd is nie. Onder hulle was Valco van Wyk (paalspring), Adriaan Alberts (rugby) Neil van der Vyver (motocross) en David Kellerman (rugby). Hulle het almal nasionale klere in hul onderskeie sportsoort­e verwerf. Minke het vanjaar al deelgeneem aan die 9de Downsindro­om Wêreldkamp­ioenskappe in Kanada. Daar het sy twee silwer- en twee bronsmedal­jes gewen. Sy het ook 'n goue medalje verower, 'n sogenaamde "heat gold". (Sy was die junior wenner in die 50 m-vryslag). Op die oomblik hou sy drie wêreldreko­rds en ook 10 Afrika-rekords.

Minke kan in die afsienbare tyd dalk nog 'n toekenning agter haar naam skryf. Sy is 'n finalis is een van die afdelings vir die nasionale departemen­t van sport en reaksie se toekenning­s. Die geleenthei­d vind op 11 November in Bloemfonte­in plaas.

Minke is saam met twee ander sportsterr­e genomineer in die afdeling, Nuweling van die jaar.

Volgens Janse van Rensburg is Minke nog jonk en sy swem omdat sy dit geniet.

"Sy het 'n baie goeie afrigter, Sybeth Hughes.

Sy was ook die afrigter van Philip Weideman, 'n Downsindro­omwêreldre­kordhouer in swem. "Sybeth se benadering is dat Minke jonk is en dit is belangrik dat sy dit geniet terwyl sy oefen om vinniger en fikser te word."

Die mikpunt is dat Minke gereed sal wees om SuidAfrika te verteenwoo­rdig by die "Global Games for people that are intellectu­ally impaired" wat aanstaande jaar in Oktober in Australië plaasvind. Voorts dat sy ook gereed sal wees vir die volgende DSISO (Down Sindrome Internatio­nal Sport organisati­on) wêreldkam-pioenskapp­e wat in 2020 in Turkye plaasvind. Janse van Rensburg het benadruk dat Minke se volgende internasio­nale deelname sal afhang van die beskikbaar­heid van geld. Hy het almal bedank wat al gehelp het om dit vir Minke moontlik te maak om mededingen­d te kan swem.

 ??  ?? Minke Janse van Rensburg
Minke Janse van Rensburg

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa