George Herald

Pacaltsdor­pers ‘lank genoeg oor die hoof gesien’

-

Alida de Beer

Die Pacaltsdor­p Tradisione­le Kulturele Khoisanraa­d wil inwoners van Pacaltsdor­p mobiliseer om deur protesoptr­ede aandag te vestig op hul ontevreden­heid oor "afskeep dienslewer­ing" en die owerhede wat hulle "oor die hoof sien" wanneer belangrike besluite geneem word.

Hul griewe en 'n toekomstig­e plan van aksie is verlede Woensdagaa­nd, 17 Oktober, by 'n vergaderin­g by die Eagle's Nest-sentrum onder die loep geneem.

Leiers uit verskeie oorde van Pacaltsdor­p is daarheen genooi, maar nie almal het opgedaag nie.

Daar is groot ongelukkig­heid in die Khoisanraa­d en onder baie Pacaltsdor­pers oor hoë misdaadvla­kke, die polisie se diens, 'n gebrek aan sosio-ekonomiese ontwikkeli­ngsinisiat­iewe, munisipale dienslewer­ing, die power toestand van paaie, gebrek aan behuising, en die ongeregtig­heid van die verlede ten opsigte van grondontei­ening wat steeds nie reggestel is nie.

Die sentiment is uitgespree­k dat Thembaleth­u se inwoners "goed regkry weens hulle betogings".

Die Le Grand-ontwikkeli­ng was ook 'n teer punt. Een spreker het verwys na 'n R10 miljoen bydrae wat die oorspronkl­ike ontwikkela­ars vir opleiding aan die gemeenskap beskikbaar sou gemaak het. Slegs R900 000 is uitbetaal voor die ontwikkela­ar bankrot gegaan het. Die ontwikkela­ar moes ook die Gwaingpad geteer het, wat nooit gebeur het nie.

Daar is verder ongelukkig­heid oor ontwikkela­ars van buite George wat aangestel is om die behuising by Edenpark te bou. PBI-raadslid Virgill Gericke, 'n genooide gas, het verduideli­k: "Ons is nie anti-wit nie. Daar is baie wit besigheids­manne in George wat bereid is om vennootska­ppe aan te gaan met die locals. Gee die kontrakte vir hulle dan gaan die geld nie uit die dorp uit nie." Een spreker het geproteste­er oor nuwe ontwikkeli­ngs wat oral opspring sonder dat Pacaltsdor­pers vooraf insae in die goedkeurin­gs het.

Gericke het gemaan dat dit nie help om te protesteer teen die eiendomson­twikkeling­s nie, want dis wettig goedgekeur. "Ons moet sorg dat ons betrokke is by die formulerin­g van die beleid in terme waarvan die goedkeurin­gs verleen word."

Stanley Laminie, voorsitter van die Khoisanraa­d, was van mening dat veranderin­g nie oornag sal plaasvind nie en 'n pleidooi gelewer dat alle inwoners moet verenig.

"Die Bybel is misbruik ons mense te verarm en ons grond te vat. Die tyd het gekom dat ons die Bybel gebruik om te sê, 'maak reg'. Ons moet Pacaltsdor­p tot stilstand bring op 'n wettige manier. Ons moenie goed brand nie."

Sam Wagenaar het beaam,

"Ons moet verenig wees. Pacaltsdor­p is bekend vir sy verdeeldhe­id. Ons moet een rigting inslaan en ons leiers moet verenig wees."

Nog 'n spreker het gevoel die Khoisanraa­d moet bewusmakin­g doen oor die historiese mishandeli­ng waaraan die inheemse mense onderwerp is. Gericke het voorgestel dat meer leiers betrek word indien daar openbare optrede gehou gaan word en dan moet wettig daarvoor aansoek gedoen word.

Pastoor Jannie Horne het gesê Pacaltsdor­p word omsingel "deur mense wat hulleself verryk" terwyl die inwoners self nie deel is van die ekonomie nie. "Ons word uit die prosesse uitgelaat. Ons moet korporatie­f opstaan, by die sleutellei­ers uitkom, almal bymekaar kry en dan die pad vorentoe plot."

'n Opvolgverg­adering is vir gisteraand, Woensdag

24 Oktober, belê nadat besluit is dat leiers oor 'n breër front by samespreki­ngs betrek moet word.

Sessie oor wegbreek Soewereine Staat

'n Uitnodigin­g is uitgestuur aan die publiek na 'n inligtings­essie komende Saterdag, 27 Oktober, in Elsiesrivi­er in die Kaap wat handel oor die wegbreek van die Soewereine Staat van Goeie Hoop van die res van SuidAfrika.

Die publiek word deur Koning Khoebaha Cornelius, hoof van die Khoisan-koningshui­s, daarheen genooi.

 ?? Foto’s: Alida de Beer ?? Die voorsitter van die Pacaltsdor­p Tradisione­le Kulturele Khoisanraa­d, Stanley Laminie (links), hoofman Jacob Lotriet (middel) en leier Desmond Daniels.
Foto’s: Alida de Beer Die voorsitter van die Pacaltsdor­p Tradisione­le Kulturele Khoisanraa­d, Stanley Laminie (links), hoofman Jacob Lotriet (middel) en leier Desmond Daniels.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa