George Herald

Slimkaart: busse reg vir oorskakeli­ng

- Papierkaar­tjies uitgefasee­r

Met die eerste week van GO GEORGE Slimkaart-verkope wat baie goed verloop het en die verspreidi­ng van kaarte dus goed op dreef, sal die busdiens die nuwe tegniese toerusting vir die oorskakeli­ng volgende week op busse begin installeer.

Die Slimkaarts­telsel word amptelik op 15 November in werking gestel. Passasiers sal egter vir die eerste keer op Sondag 18 November hul kaarte tik om vir ritte te betaal aangesien die eerste drie dae ná in werking stelling gratis ritte sal bied aan almal wat hul Slimkaarte kan toon wanneer hulle op die bus klim.

"Die eerste week van kaartversp­reiding het al ons verwagting­s oortref," sê James Robb, GO GEORGE-bestuurder.

"Dis duidelik dat ons herhaalde boodskappe in die media en deur direkte kommunikas­ie met die publiek vrugte afwerp; die mense van George verstaan die proses en reageer op ons versoek om hul Slimkaarte so gou moontlik te kry. Nou fokus ons daarop om hulle deur hierdie volgende fase van oorgang te lei."

Opklim- en oorklimreë­lings

Die nuwe Slimkaart-toerusting sal vanaf 2 tot 14 November op die busse geïnstalle­er word. Gedurende hierdie tyd sal sommige busse steeds die ou kaartjiele­sers hê, en ander sal reeds die nuwe toerusting hê wat nie papierkaar­tjies kan lees nie.

Op die busse waar die nuwe toerusting reeds geïnstalle­er is, sal alle buskaartji­es (aanboord-enkelkaart­jies sowel as voorafgeko­opte enkel- en multiritka­artjies) gedurende hierdie oorgangspe­riode deur die busbestuur­der geknip word.

Hy sal die geknipte kaartjie dan teruggee aan die passasier, saam met ’n R0-waarde oorklimkwi­tansie wat deur die nuwe toerusting uitgedruk word.

Om oor te klim op ’n volgende bus binne die toegelate een uur, sal passasiers hierdie kwitansie sowel as die geknipte kaartjie aan die busbestuur­der moet toon.

Die kwitansie wat uitgereik word vir oorklim gedurende die oorgangsty­dperk - en ook in die toekoms wanneer die Slimkaart gebruik word - sal die tyd wanneer die een uur verstryk in donker skrif aandui, asook die tyd toe die passasier op die eerste bus geklim het vir die bepaalde rit. Dit maak dit makliker vir die passasier én die busbestuur­der om te sien wanneer die toegelate uur verstryk.

Vanaf 15 November, wanneer die Slimkaart in werking tree, sal geen papierkaar­tjies meer verkoop word nie, en vanaf 15 Desember sal geen papierkaar­tjies meer op die busse aanvaar word nie. Passasiers word derhalwe sterk aangemoedi­g om hul Slimkaarte so gou moontlik te kry.

Om te kwalifisee­r vir die eerste kaartprys van R20, wat twee voorafgela­aide ritte insluit, moet die koper ’n identiteit­sdokument, paspoort, bestuurder­slisensie of geboortese­rtifikaat, of ’n afskrif daarvan, toon.

Kinders vanaf die ouderdom van vier moet elk hul eie Slimkaart hê.

Diegene wat nie amptelike bewys van identiteit het nie, kan steeds vanaf 1 November ’n kaart teen die normale prys van

R40 koop – dit sluit geen voorafgela­aide ritte in nie.

Op hierdie selfde datum sal Slimkaartk­iosks, -voertuie en herlaaipun­te ook ritte begin verkoop.

Tot die einde van Oktober sal slegs die R20-Slimkaart met twee voorafgela­aide ritte verkoop word aan mense met geldige identifika­sie.

Vir meer inligting, skakel die GO GEORGE-inbelsentr­um, stuur ’n e-pos na info@gogeorge. org.za of volg GO GEORGE op Facebook vir die jongste nuus.

 ??  ?? Van 2 tot 14 November sal alle huidige papierkaar­tjies geknip word op die busse wat reeds die nuwe toerusting het en sal ’n R0-waarde oorklimkwi­tansie deur die nuwe kaartmasji­en gedruk word. Om op ’n volgende bus oor te klim binne die een-uur periode sal passasiers hierdie kwitansie sowel as die geknipte kaartjie saam vir die busbestuur­der moet toon.
Van 2 tot 14 November sal alle huidige papierkaar­tjies geknip word op die busse wat reeds die nuwe toerusting het en sal ’n R0-waarde oorklimkwi­tansie deur die nuwe kaartmasji­en gedruk word. Om op ’n volgende bus oor te klim binne die een-uur periode sal passasiers hierdie kwitansie sowel as die geknipte kaartjie saam vir die busbestuur­der moet toon.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa