George Herald

G’n keer aan Parkdene

- Michelle Pienaar

Hulle leer snags wanneer ander kinders televisie kyk en hulle maak gebruik van die studietyd in skoolure, wanneer sommige kinders op hulle selfone speel. "Verder luister ons baie mooi in die klas." Dít is die basiese resep tot sukses van Parkdene Sekondêr se topprestee­rders.

Ronaldo Oelf (16, gr. 8), Ronaldo London (15, gr. 9), Sherolin Jumat (16, gr.10) en

Jozé Jordaan (16, gr. 11) is dit eens dat 'n mens jou ore in die klas moet spits wanneer die onderwyser werk verduideli­k. Hierdie vierstuks, sowel as die topmatriku­lant, Farllaccio­n Miggells (18), is verlede week vereer tydens die skool se diplomaple­gtigheid vir akademiese prestasie.

Beide Oelf en London droom daarvan om eendag 'n rekenmeest­er te word, terwyl Jumat haar tande slyp vir die besigheids­wêreld. Jordaan het net een mikpunt voor oë, en dit is om eendag 'n koöperatie­we prokureur te word. Tydens 'n onderhoud met die George Herald het die leerders gesê hulle ontvang geweldig baie steun van hulle ouers. Een van die leerders, Ronaldo Oelf, het opgemerk dat sy pad nie met rose besaai is nie. "Ek word baie gespot deur klasmaats omdat ek twee jaar ouer as die res is," het hy gesê. Oelf moes noodgedwon­ge twee jaar tuisbly in sy laerskoolj­are, omdat sy ouers vir 'n geruime tyd werkloos was. "Hulle kon nie skoolklere bekostig nie, ons het baie gesukkel. Ek het bedags maar in die tuin gewerk." Nadat sy pa weer 'n werk gekry het, is Oelf terug skool toe. Hy is deesdae die topstudent in sy graad. Sy raad aan sy maats is om positief te bly. "Dink aan die positiewe, daar is gewoonlik 'n doel hoekom goed só gebeur," het hy gesê.

 ??  ?? Farllaccio­n Miggells (18) is Parkdene Sekondêr se topprestee­rder in matriek. Hy toon tans ‘n gemiddeld van 75%.Foto’s: Michelle Pienaar
Farllaccio­n Miggells (18) is Parkdene Sekondêr se topprestee­rder in matriek. Hy toon tans ‘n gemiddeld van 75%.Foto’s: Michelle Pienaar

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa