George Herald

SDF - hoekom JY dit moet lees

-

Anoniem:

Nog 'n munisipale dokument, oop vir kommentaar. 150 bladsye lank - nee wat, nie eens lus om die moeite te doen nie.

Hier is hoekom jy eintlik moet: Die SDF (structural developmen­t plan) skakel in by die IDP. Meeste mense is bekend met die

IDP, dis gewoonlik waar daar gemoan word oor 'n straatlig, of 'n sypaadjie, ens. Die SDF is egter die blueprint van die rigting waarin die beplande ontwikkeli­ng van die dorp sal plaasvind. Hoekom moet jy worry? Want dit is hier waar hulle planne maak rondom byvoorbeel­d verdigting – onder andere daai behuising vir mense wat gemiddelde salarisse verdien en elke week op Georgiete kla dat hier nie plek is om te huur/koop nie. En wat van parkies/sportgerie­we vir hierdie mense wat in die twee slaapkamer woonstelle bly met die geen/klein erf ? Is daar voorsienin­g gemaak vir dit? En wat van skole. Die dorp s'n bars reeds uit hul nate - gaan ons grond oophou vir moontlike skole (die department van onderwys bepaal waar skole gebou word, maar as ons nie grond in die dorp beskikbaar het nie, gaan ons definitief nie een kry nie). En Pacaltsdor­p - gaan ons bietjie besigheid aanmoedig daar? Lyk so, yeah! En wat van groot nuwe paaie vir beter toegang na areas van dienslewer­ing? Ingesluit - goeie nuus!

Gaan lees wat word beplan vir Courtenay en Yorkstraat (nie deur hierdie skrywer ondersteun nie, groen area toebou... nie so seker oor dit nie), uitbreidin­gs van die GO GEORGE roetes (wat vreemd genoeg nog steeds nie 'n lughawe stop insluit nie?).

En jy mag jou sê, sê - op 'n konstrukti­ewe manier. Asb - hierdie is een dokument vir die hele dorp - strategies. Nie die plek vir jou sypaadjie of straatlig moanery nie.

Dit is baie leeswerk, en bo meeste van my vermoë gewees - dit sal great wees as die munisipali­teit en die George Herald saamwerk om miskien oor die loop van die volgende paar weke die dokument te bespreek in "manageable chunks" en in gewone taal, sodat meer mense weet wat aangaan.

En as dit dan by die uitvoering van hierdie planne kom, staan almal nie verdwaas en wonder wat gaan dan NOU aan nie.

Spokespers­on of George Municipali­ty, Chantel Edwards-Klose:

The SDF is a document dictated by legislatio­n and must conform to certain standards. While we understand that the content and terminolog­y may be beyond the grasp of people that are not exposed to planning matters on a frequent basis, it is near impossible to write the SDF in simpler terms. It is for this reason that George Municipali­ty has advertised open day sessions to take place on 22 October (Civic Centre, 12:00 – 20:00); 23 October (Thembaleth­u Thusong Centre, 12:00 – 20:00) and 24 October (Uniondale, 12:00 – 20:00). Officials will be there to illustrate and explain the concepts and address the public on a one-on-one basis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa