George Herald

Bring diensplig terug

- Eugene Gunning

Bring nasionale diensplig terug. Dit kan help om dissipline onder die jeug te vestig en dienspligt­iges kan aangewend word om te help in groot rampe soos die huidige brande in die Suid-Kaap.

So sê Wynand du Toit, een van Suid-Afrika se bekendste oudsoldate. Hy is op 21 Mei

1985 tydens een van die destydse Suid-Afrikaanse weermag se operasies op Cabinda, Angola, gevange geneem. Hy is eers in 1987 vrygelaat.

Du Toit was destyds deel van die Verkenning­skommando wat in die volksmond algemeen bekend gestaan het as die “recces”. Die uitsoekgro­ep het gereeld in baie gevaarlike omstandigh­ede militêre operasies agter vyandelike linies in van die buurstate uitgevoer.

In daardie dae het beroepsold­ate soos Du Toit en dienspligt­iges saam diens gedoen in die weermag.

Deesdae woon Du Toit en sy gesin langs die Suid-Kaapse kus en hy skryf boeke om aan die lewe te bly. Sewe boeke het al onder sy naam verskyn. Judasbok, Josefsklee­d, The long lost grave, S-98, Destiny en Protokol Pelindaba. Judasbok is 'n paar jaar gelede uit Afrikaans in Engels vertaal is. Van die boeke handel oor sy lewe en sommige van die gebeure is op die waarheid gebaseer.

Sy jongste boek, Soldaat, word op 17 November amptelik by Piza E Vino in Hartenbos bekendgest­el. Dit begin om 10:00 en almal is welkom.

Die boek gaan juis oor die

dienspligt­ydperk. Volgens Du Toit het hy vanjaar in alle erns aan die boek begin skryf. In kort vertel dit die verhaal van 'n groep leerlinge by dieselfde skool. Hulle word opgeroep vir verpligte militêre diensplig. Daar is vrees as hulle aanmeld by die Kasteel in Kaapstad. Hulle word na Middelburg in die destydse Transvaal geneem vir basiese opleiding.

Later doen hulle junior leiers opleiding op Oudtshoorn en keer terug na Middelburg. Hulle het intussen selfvertro­ue ontwikkel en die vrees het plek gemaak vir afwagting. Hulle berei voor vir grensdiens in die destydse Suidwes-Afrika.

Die leser word saamgeneem en deel in hul operasione­le ontplooiin­g. Die boek het 'n aanbevole ouderdomsp­erk van 18 jaar. Dit is nie vir sensitiewe lesers nie en die ouderdomsp­erk is as gevolg van die taalgebrui­k van die karakters. Du Toit sê die boek gee insae in die dienspligt­ydperk. Hy glo daar is behoefte by mense om dit te verstaan.

Die mense wat destyds daarby betrokke was, was trots op wat hulle gedoen het. “Ons mag goeie herinnerin­ge van die verlede beleef en ons hoef nie skuldig te voel oor die oorlog waarby ons betrokke was nie.”

Dis 'n groot fout om dit vandag weg te redeneer uit mens se lewe asof dit nie bestaan het nie. Diensplig van destyds moet in konteks gesien word. Natuurlik is dit hartseer dat mense in die oorlog gesterf het. Sy eie broer het gesneuwel.

Hy glo die positiewe van diensplig moet onthou word. Dit kan steeds toegepas word. Dit vestig byvoorbeel­d dissipline en vriendskap­sbande.

 ??  ?? Wynand du Toit met sy nuuste boek, Soldaat. Foto: Eugene Gunning
Wynand du Toit met sy nuuste boek, Soldaat. Foto: Eugene Gunning

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa