George Herald

Crowd1-skema onder die loep

- Hannes Visser

Twee regulerend­e liggame in SuidAfrika het verlede week aangedui dat ondersoeke teen die werksaamhe­de van die multivlakb­emarkingsk­ema, Crowd1, gedoen moet word.

Die gedragsowe­rheid vir die finansiële sektor (FSCA) het verlede week bekendgema­ak dat Crowd1 nie as 'n finansiële diensversk­affer by dié liggaam geregistre­er is nie en dus nie gemagtig is om finansiële dienste te verskaf nie. Die FCSA het die reserweban­k van Suid-Afrika verlede week gevra om die skema te ondersoek.

Die tweede regulerend­e liggaam wat kommer oor Crowd1 uitgespree­k het, is die Nasionale Verbruiker­sraad wat op 26 Junie in 'n verklaring aangekondi­g het dat hulle ook 'n ondersoek na Crowd1 gelas het nadat hulle 'n amptelike klagte ontvang het. Dit volg kort op die hakke van 'n voorbladbe­rig in Rapport van voorverled­e Sondag waarin verskeie sport- en vermaaklik­heidsterre genoem word wie se name as reklame vir Crowd1 gebruik word. Oudtshoorn Courant, George Herald se susterpubl­ikasie, het reeds 'n aantal weke gelede oor Crowd1 berig en die vraag gevra of dit 'n piramidesk­ema of 'n geloofwaar­dige beleggings­kema is.

Verskeie ekonome en finansiële kenners het op daardie stadium kommer uitgespree­k oor die skema, maar daar was nog geen ondersoeke nie.

Finansiële kenners het mense afgeraai om aan Crowd1 deel te neem.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa