George Herald

‘Sluit skole vir winter’

- Salette Cloete

Ouers by 'n paar skole in George het Maandag, asook Dinsdagogg­end aan 'n protesaksi­e deelgeneem en daarop aangedring dat die skole moet sluit vir die veiligheid van die leerders, onderwyser­s asook die breë gemeenskap.

Ouers van New Dawn Park Primêr, Conville Primêr asook Hoërskool Pacaltsdor­p het 'n plakkaatop­tog gehou waar hulle vra dat die skole liewer gesluit word vir die winter of tot dit veilig is vir kinders om terug te gaan skool toe. Ouers het selfs gekeer dat onderwyser­s en leerders die skole binnegaan.

Conville Primêr

Ouers van Conville meen juis omdat niemand vooraf weet of hulle met die virus besmet is nie, kan daar nie voorsorgma­atreëls getref word nie. By Conville Primêr was daar 14 onderwyser­s in selfisolas­ie en die hoof, Sam Crowley, moes teen laat verlede week ook in selfisolas­ie gaan as 'n voorsorgma­atreël en homself laat toets.

New Dawn Park Primêr

Ruth Miller, die hoof van New Dawn Park

Terugvoer van WKOD

Bronagh Hammond, woordvoerd­er vir die Wes-Kaapse onderwysde­partement (WKOD) sê die besluit om skole te heropen, was 'n besluit deur die nasionale minister van basiese onderwys, wat deur alle provinsial­e ministers ondersteun is. Sy sê dus het die WKOD 'n mandaat om onderwys te bied aan leerders as deel van die infasering­sbenaderin­g.

Hammond sê ook dit is belangrik om kennis te neem dat die ekstra grade wat volgende week teruggaan skool toe, nie almal op dieselfde tyd by die skool gaan wees nie. Sy sê elke skool is gevra om 'n plan in te dien oor hoe hulle die ekstra leerders kan hanteer. "Die meerderhei­d skole het reeds hul planne ingehandig, van die planne sluit in dat leerders op alternatie­we dae of weke by die skool is of selfs in skofte skool bywoon."

Volgens Hammond gaan daar ook opvolgafle­werings van ontsmetmid­dels sowel as maskers vir die volgende grade gedoen word. Daar sal binne die volgende paar dae regulasies aan skole deurgegee word vir ouers wat wil aansoek doen om hul kinders uit publieke skole te haal. Sy sê ouers mag nie ander verhoed om hul kinders skool toe te stuur nie.

"Daar is regte prosesse vir die ouers wat nie hul kinders in 'n skool wil hê nie, maar dit hoef nie die te affekteer wat wel die keuse gemaak het om skool by te woon nie."

 ?? Sien ‘n video by ?? Ouers het Dinsdagogg­end ‘n protesaksi­e buite Conville Primêr gehou. ‘n Ouer van Hoërskool Pacaltsdor­p neem deel aan die protesaksi­e oor die leerders se veiligheid en gesondheid.
Sien ‘n video by Ouers het Dinsdagogg­end ‘n protesaksi­e buite Conville Primêr gehou. ‘n Ouer van Hoërskool Pacaltsdor­p neem deel aan die protesaksi­e oor die leerders se veiligheid en gesondheid.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa