George Herald

Van vernael na vers-vreugde

- Eugene Gunning

Die hoofdogter van Hoërskool Outeniqua, Annika van Santen (17) het op haar ma, Anli, se verjaarsda­g vir 'n ekstra verjaarsda­ggeskenk gesorg.

Van Santen het op dié dag gehoor dat sy haar onderskei het in die Poortskryf­kompetisie van die Suid-Afrikaanse akademie vir wetenskap en kuns. Sy het met haar gedig, Vernael, 'n derde plek in die nasionale poësie-kategorie losgeskryf. Vernael is 'n werkwoord wat beteken om iets onbruikbaa­r te maak.

Volgens Van Santen was dit 'n groot verrassing. "Ek het toevallig van die uitslag gehoor toe 'n vriendin wat in Bonnievale bly (en as die nasionale wenner aangewys is) vir my 'n WhatsApp met die volgende woorde stuur: 'Geluk met jou gedig!' My ma was besig met 'n telefoonge­sprek toe ek op die stoep uithardloo­p met die goeie nuus. Ons hele gesin was oorstelp van vreugde," het sy vertel.

Volgens haar praat sy net so graag soos wat sy skryf. "Om aan lewendige debatte deel te neem, is vir my lekker," het sy gesê.

Sy skryf om sin van die lewe te maak en om sin aan haar lewe te gee. "Poësie neem mens op 'n intens persoonlik­e reis."

Die gedig waarmee sy die prestasie behaal het is middel November 2019 gebore toe sy op haar verjaarsda­g diep teleurgest­el is deur iemand. "Ek het die gedig geskryf in 'n poging om my hartseer en teleurstel­ling te probeer verwerk. 'n Vriend se bynaam vir my is 'Woordeboek'.

"Ek hou daarvan om deur die woordeboek te lees en het een middag op die woord vernael afgekom. Dit was 'n vreemde woord om te ontdek, maar die betekenis van die woord het my getref. Vernael is 'n werkwoord ('n aksie) wat beteken om iets onbruikbaa­r te maak. Toe ek die betekenis van die woord verstaan en snap, het ek besef dat dit presies is wat middel-November met my gebeur het. Ek het onbruikbaa­r gevoel en is as't ware onbruikbaa­r gemaak as gevolg van die diep teleurstel­ling."

 ??  ?? Annika van Santen (regs) by haar ma, Anli. Sy het op haar ma se verjaarsda­g gehoor dat sy ‘n derde plek in ‘n nasionale poësie-kompetisie losgeskryf het.
Annika van Santen (regs) by haar ma, Anli. Sy het op haar ma se verjaarsda­g gehoor dat sy ‘n derde plek in ‘n nasionale poësie-kompetisie losgeskryf het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa