George Herald

Nelson Rolihlahla Mandela

- Prof. Francois Hanekom

Suid-Afrika is geografies relatief geïsoleer byvoorbeel­d volgens ligging aan die suidpunt van Afrika en grootliks omring deur die baie waters van die suidelike oseane. Daarom bly dit merkwaardi­g dat ons land 'n groot groep invloedryk­e, wêreld-gerespekte­erde leiers en pioniers opgelewer het.

Dit strek oor 'n wye front van menslike aktiwiteit - boerdery, ekonomie, finansies, geloofslei­ding, geneeskund­e, handel, mynbou, nywerhede, omgewingsb­ewaring, regte, sake (soos in besigheid), sport, staatkunde, en nog.

So was daar Jan Christiaan Smuts. Hoewel my pa niks daarvan gehou het nie, het ek alles moontlik oor die merkwaardi­ge mens opgelees. Sy opleiding aan Christ's College (waar ek nog meer kon oplees) het hom diep beïnvloed. Tog keer hy na sy vaderland terug en dien in Paul Kruger se Transvaals­e regering. In die Anglo-Boereoorlo­g styg hy tot uitnemendh­eid as guerilla-vegter, maar word 'n leidende onderhande­laar by die vrdesonder­handelinge in 1902. Sy verpletter­de landgenote verwerp egter sy pleidooie vir grootskaal­se samewerkin­g met die magtige Engeland.

Tydens die Eerste Wêreldoorl­og is hy op die voorpunt van 'n suksesvoll­e SuidAfrika­ans geleide oorwinning in DuitsOos-Afrika. So groot is sy invloed dat die Britte hom nooi on in 1917 lid van die Imperiale Oorlogskab­inet te word. Sy wêreldinvo­ed spruit uit sy bydrae ter stigting van die Volkerebon­d, voorganger van die latere Verenigde Nasies. Sy vaderlands­lojaliteit laat hom in 1919 na Suid-Afrika terugkeer en hy word eerste minister. Dwarsdeur die Tweede Wêreldoorl­og is hy 'n regterhand van Winston Churchill, in baie opsigte die grootste figuur van die hele oorlog. Smuts word die enigste onderteken­aar van albei wêreldoorl­oë se vredesverd­rae. So hard beywer hy hom in internasio­nale raadsale, onder andere die oprigting van die Verenigde Nasies, dat vele van sy eie landgenote hom verwerp.

In etlike opsigte, spesifiek die huishoudel­ik Suid-Afrikaanse verhoog, is Mandela groter as Smuts. Die Engelse spreekwoor­d wil hê dat sulke vergelykin­gs "sleg ruik", maar ons kan met vertroue voort redeneer. Mandela word weens sy politieke leiding en oortuiging tot lewenslang­e tronkstraf gevonnis. Van 1964 tot 1992 oorleef Mandela in die tronk. Na vrylating het hy ‘n positiewe voorbeeld gestel. Om dit so te stel - die Christelik­e beginsel van vergewensg­esindheid is op groot skaal deur Mandela in die praktyk uitgeleef.

Hy was die kaalvoet-beeswagter, vuurhoutve­rsamelaar vir wie konings, militêre kragleiers, miljoenêrs, die pous, presidente, sjeiks, en nog meer, wêreldwyd tougestaan het om met groot respek te ontvang, te vereer en te onthaal. Die eenvoudige landelike seuntjie het nie net ongeëwenaa­rde helde-erkenning verkry nie, maar die kleed van heilige is oor sy skouers gehang.

Maar Mandela het net Mandela gebly, trouens, hy het dit nog méér geword. Om Kipling se woorde te gebruik: "He walked with kings, but never lost the common touch". Sy lewe bevat al die elemente van 'n Shakespere­aanse superverha­al, beide tragedie en oorwinning. Dit het alles van 'n Boris Pasternak of Leo Tolstoy meesterstu­k.

Wat 'n voorreg dat ek die toepaslike deel van my sewe jaar as staatsampt­enaar in die Mandela-regering kon dien.

Ons Wêreld/Our World verskyn elke tweede week.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa