George Herald

Kenny Africa tree af na 46 jaar

- Eugene Gunning Lees nog 'n artikel deur Deona Aucamp, Kenny Africa embarks on a new chapter, by www. georgehera­ld.com.

Kenny Africa, 'n man wat sinoniem is met verkeersve­iligheid, tree einde Julie na 46 jaar af.

Africa, wat die afgelope 10 jaar die Wes-Kaapse verkeersho­of en een van die bekendste verkeersle­iers in die land is, het verlede week, 4 Julie, sy 65ste verjaarsda­g gevier. Baie mense wil weet wat hy na sy aftrede gaan doen. Hy het immers reeds diep spore in die verkeerswê­reld getrap en was twee jaar hoof van die Georgeverk­eersdepart­ement.

Dit is algemeen bekend dat die Georgeverk­eersdepart­ement die laaste tyd gebuk gaan onder talle uitdagings en interne woelinge en op versoek van lesers het George Herald Africa gevra of hy tydelik terug sal keer na George om hand by te sit.

"As ek kan help, is ek bereid om te help.

Dit gaan vir my oor die bevorderin­g van verkeersve­iligheid," het Africa geantwoord.

As dit nie gebeur nie, oorweeg hy dit om die politiek te betree.

Africa sê dit sal hom seker 'n tydjie neem om gewoond te raak aan sy nuwe omstandigh­ede. "Ek oorweeg verskillen­de moontlikhe­de, onder andere om die politiek te betree.” As hy dit sou doen, wil hy kyk hoe hy 'n verskil in mense se lewens kan maak. 'n Aankondigi­ng daaroor sal moontlik later gedoen word. Daar is ook die moontlikhe­id om 'n boek te skryf."

As provinsial­e verkeersho­of is hy baie besig. Hy is gewoonlik soggens om 05:20 op kantoor. Dan hanteer hy medianavra­e en later wag daar talle verantwoor­delikhede vir die verkeersho­of.

Die meeste van die tyd is hy die laaste een wat die kantoor verlaat en dit is dikwels eers na 17:00. Dit hou nie dan op nie. Op pad huis toe help hy mense op die pad en hy kyk ook na mense wat verkeersoo­rtredinge begaan.

Opvallend vir hom is die groot aantal mense wat in die spitstye hul selfone gebruik terwyl hulle bestuur. "Dis 'n groot probleem en lei tot groot ongelukke."

As hy terugkyk op sy loopbaan onthou hy dat hy van sy eerste dag as verkeersbe­ampte 'n verskil in mense se lewens wou maak. Hy glo hy het dit gestand gedoen. Oor die jare het hy gehelp om minstens agt moordenaar­s agter tralies te kry en honderde mense aan te keer vir misdade en ernstige verkeersoo­rtredings. Daaronder is die onwettige besit van vuurwapens, motordiefs­tal, dronkbestu­ur, roekelose en nalatige bestuur en verkragtin­g.

 ??  ??
 ??  ?? Kenny Africa, die Wes-Kaapse verkeersho­of, tree einde Julie af.
Kenny Africa, die Wes-Kaapse verkeersho­of, tree einde Julie af.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa