George Herald

George loop deur onder stormwind

- Eugene Gunning

Inwoners van George het Maandag in die vroeë oggendure wakker geword en eerstehand­s die krag van wind beleef. Groot skade is aan eiendom en infrastruk­tuur aangerig en dit het tot groot ontwrigtin­g gelei.

Eers teen daglig was die werklike omvang van die skade sigbaar. Verskeie bome is ontwortel, dakke en vensters van huise is beskadig en kragpale het ook deurgeloop.

Volgens die Suid-Afrikaanse Weerburo is winde van tussen 80 en 90 km/h in

George gemeet. Ofskoon die wind Dinsdag effe afgeneem het, is die situasie deur die deurdringe­nde reën vererger. Een van die plekke wat deurgeloop het was die Rosemoor-stadion.

Wilbur Harris, wat naby die stadion woon en raadslid van die Garden Routedistr­iksmunisip­aliteit is, het vertel dat hy self gaan ondersoek instel het. 'n Muur van sowat 30 m het omgeval. "Ek is bekommerd dat vandale die situasie gaan uitbuit. Dit was rukwinde wat die skade veroorsaak het. Ter wille van mense se eie veiligheid moet hulle miskien vir eers wegbly van die stadion."

In die Geelhoutbo­om-omgewing is ook skade aangerig.

André Botha, wat daar op 'n kleinhoewe woon, het vertel dat hy die nag wakker gelê het en na die wind geluister het. Teen omstreeks 03:30 het hy 'n geweldige slag gehoor. Die huis se veranda is afgeruk en het sowat 50 m verder op die dak van 'n buitegebou beland. Die buitegebou se dak is ook beskadig. 'n Boom is ontwortel en het sowat 20 m verder in 'n dam beland.

Volgens hom woon hy al 20 jaar in die gebied. "Ons het al erge wind hier gehad, maar dis die ergste wind wat ek nog hier beleef het."

Teen Maandag was hy besig om die skade te probeer bepaal. Dit beloop duisende rand.

Pastoor Johan du Toit van die Nuwe

Lewe Bediening in Heatherpar­k, het gesê sy kinders het Maandagnag wakker geword van die wind. Toe hy die volgende oggend opstaan het hy gesien dat 'n boom ontwortel is en 'n muur platgeval het. Dit het die ingang na sy motorhuis versper. Dit het ook Telkom lyne beskadig.

Gelukkig het dit nie op hul huis se dak geval nie anders was daar baie groot skade. Du Toit is reeds van 2002 in George.

"Dit was die ergste wind in 18 jaar wat ek in George beleef het. Ek het net weer besef die wind is nie 'n mens se speelmaat nie."

'n Nutsman, John Obis, moes Maandag behoorlik bontstaan om mense te help. Volgens hom moes hy help met die herstel van afdakke wat afgewaai het en dakteëls wat beskadig is.

In sommige gevalle moes die houtkonstr­uksie ook vervang word.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ?? Foto: Kristy Kolberg ?? ‘n Groot gedeelte van die muur rondom die Rosemoor-stadion is omgewaai.
Foto: Kristy Kolberg ‘n Groot gedeelte van die muur rondom die Rosemoor-stadion is omgewaai.
 ?? Foto: Johan du Toit ?? ‘n Boom wat omgewaai het voor die huis van pastoor Johan du Toit van die Nuwe Lewe Bediening in Heatherpar­k.
Foto: Johan du Toit ‘n Boom wat omgewaai het voor die huis van pastoor Johan du Toit van die Nuwe Lewe Bediening in Heatherpar­k.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa