George Herald

Inwoners keer vir swak padwerke

- Salette Cloete

Inwoners van Pacaltsdor­p was Vrydag warm onder die kraag oor die manier waarop kontrakteu­rs herstelwer­k aan Muisvoëlsi­ngel gedoen het.

Joanie Visagie, 'n gemeenskap­saktivis, sê die pad loop reg voor haar deur verby en sy en ander inwoners kon nie terugstaan en toelaat dat sulke swak diens gelewer word nie. Hulle het toe die hulp van raadslid Virgill Gericke ingeroep nadat hulle die padwerke heeltemal tot stilstand gebring het.

Visagie sê dis nie reg dat die teer oor stormwater­deksels gegooi is nie. "Ek het ook nie daarvan gehou toe een van die manne sê 'as die pad klaar is sal die water in ons huise instroom nie'," het sy vererg gesê.

Visagie, Gericke en ander inwoners het toe die munisipali­teit se siviele dienste afdeling gekontak om klarigheid hieroor te kry.

"Eers het ons die kontrakteu­r, Henra, se kantore gebel, maar is ingelig dat hulle as kontrakteu­r van George-munisipali­teit optree."

Visagie het selfs van haar besigheid se voertuie gebruik om die werkers te stop deur dit so te parkeer dat dit die pad versper. Die pad sou 'n dag neem om te herstel, maar die inwoners was ernstig dat hulle nie swak vakmanskap sal toelaat nie. "As ander mense nie van beter weet nie, wel ons doen," het sy gesê.

Sy en ander is belowe dat daar inspeksie gedoen sou word om seker te maak dat die werk wel reg gedoen is. Hulle het daarna toegelaat dat die werk voortgaan.

Debra Sauer, 'n woordvoerd­er van die George-munisipali­teit, het bevestig dat dit 'n munisipale diensversk­affer is wat in die betrokke straat werk. "Die siviele ingenieurs­dienste afdeling sal die kwessie met die betrokke diensversk­affer opneem en die nodige herstelwer­k sal gedoen word."

 ??  ?? Inwoners blokkeer die pad en het geweier dat werkers voortgaan met enige herstelwer­k.
Inwoners blokkeer die pad en het geweier dat werkers voortgaan met enige herstelwer­k.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa