George Herald

Jong paartjie sterf tragies

- Kristy Kolberg

Sy was 'n sonskynkin­d. Só onthou Ronel Vermaak haar dogter, Amorei (26) ná haar liggaam verlede Vrydag saam met die van haar kêrel, Stephen Fleck (31) in hul huis in Bergsig aangetref is.

"Sy was 'n opgewekte en liefdevoll­e kind wat altyd wou help en haar naaste dien. Sy was geliefd onder haar kollegas en vriende. Ons het daagliks gekommunik­eer. Sy kon só lekker kosmaak en elke aand sou sy eers bel om te hoor wat ons geëet het en dan deel ons resepte en idees. Ek sou gereeld 'n pakkie of verrassing van haar ontvang. Sy wou regtig net die beste vir haar medemens doen. Al was dit haar laaste, sou sy dit gee. Sy was haar sussies, Yannika en Inge, se rolmodel," het haar gebroke ma aan George Herald vertel.

Vermaak was 'n lid van die SuidKaap Kinderkoor en het in 2012 aan die Hoërskool Outeniqua gematrikul­eer. Sy het vir Fleck sowat vyf jaar gelede in die Kaap ontmoet waarna hulle na George verhuis het.

"Ek het vir vyf jaar hier [in George] gewoon en toe ek teruggetre­k het Kaapstad toe, het sy besluit om haar skoolloopb­aan hier te voltooi. Na skool het sy Kaap toe gekom, maar besluit haar hart is in George. Sy en Stephen het toe na George verhuis," vertel haar ma.

Volgens 'n bron het Fleck albei sy ouers vroeër in 'n motorongel­uk verloor en word hy slegs deur sy broer, Marc Fleck, oorleef. Pogings om sy naasbestaa­ndes te kontak was onsuksesvo­l.

Die voorval

Volgens Suid-Kaapse polisiewoo­rdvoerder, sers. Chris Spies, is die paartjie se liggame Vrydagogge­nd omstreeks 09:00 deur een van Vermaak se kollegas en vriende ontdek. Sy het die lyke deur die venster gesien waarna sy die nooddienst­e ontbied het. "Ons lede moes 'n venster breek om toegang tot die huis te kry. 'n Vuurwapen is ook op die toneel gekry. In hierdie stadium weet ons nog nie presies wat gebeur het nie en ons wil ook nie daaroor bespiegel nie," sê hy.

Huldeblyke

Op Dinsdagogg­end, 14 Julie, het huldeblyke vir Vermaak op Facebook steeds ingestroom.

Volgens verskeie plasings deur vriende, familieled­e en kollegas is dit duidelik dat sy 'n gewilde en geliefde persoon was.

"Ons is baie geskok oor wat gebeur het. Dis so unreal," het 'n skoolvrien­din gesê.

Vermaak word eerskomend­e

Vrydag in Kaapstad ter ruste gelê.

Weens die Covid-19-pandemie sal haar begrafnis ook vir vriende en kollegas op sosiale netwerke uitgesaai word. Meer inligting hieroor sal direk aan hulle oorgedra word.

Sy word oorleef deur haar ma, Ronel, haar susters, Yannika en Inge en haar pa, Phillip.

 ??  ?? Stephen Fleck en Amorei Vermaak was vyf jaar bymekaar. Hulle het in Kaapstad ontmoet en daarna na George verhuis.
Stephen Fleck en Amorei Vermaak was vyf jaar bymekaar. Hulle het in Kaapstad ontmoet en daarna na George verhuis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa