George Herald

As perde kon praat...

- Eugene Gunning

As deel van die AHi Wes-Kaap se Omgee-projek is 'n groot hoeveelhei­d perdevoer Maandag by Black Horse Trails op Hoekwil afgelewer en as perde kon praat, sou hulle beslis dankie gesê het.

Dr. Willie Cilliers, voorsitter van die AHiWes-Kaap, het gesê 'n tydjie gelede het Christo van der Rheede, adjunk-uitvoerend­e hoof van Agri SA, hulle genader en vertel van die nood by die ondernemin­g. Aangesien Agri SA 'n handelsven­noot is van die AHi Wes-Kaap, het Cilliers gaan ondersoek instel. Hy het besef dit is nie net uitdagende tye vir mense is nie, maar ook vir diere.

Black Horse Trails is 'n toerismeon­derneming wat onder meer baie afhanklik is van buitelands­e toeriste. As gevolg van die inperkings­maatreëls kon hulle nie voortgaan met hul bedrywighe­de nie.

Om die diere te help is besluit om droogtemee­l vir die perde te koop. Daar is 18 perde op die plaas en aanvanklik is 30 sakke teen R6 000 deur die AHi Wes-Kaap geskenk.

Dit is egter net korttermyn verligting want die perde eet twee sakke per dag en dit hou sowat twee weke.

Nadat dit die eerste keer bekend geword het dat voer geskenk is, het ander privaat ondernemin­gs na vore gekom en skenkings gemaak.

Volgens Cilliers het die AHi Wes-Kaap besluit om te help omdat hy ten gunste is van die groei en uitbouing van veral kleinsakeo­nderneming­s.

"Dit is 'n belewenis om die perde se reaksie te sien as ons aan hulle die voer gee."

Volgens Kurt Pullen, eienaar van Black Horse Trails, het die bydrae hulle baie gehelp. "Dit het ons weer hoop gegee." Die perde lê hulle baie na aan die hart. "Die perde het sommer weer 'n huppel in hul stap as hulle die kos kry."

Volgens hom verkoop

Black Horse Trails solank geskenkbew­yse aan mense wat hulle sal kan gebruik wanneer die inperking verby is.

 ??  ?? Dr. Willie Cilliers, (links) voorsitter van die AHi Wes-Kaap en Kurt Pullen, eienaar van Black Horse Trails op Hoekwil Maandag by die oorhandigi­ng van die voer. REGS: Van die perde van Black Horse Trails op Hoekwil wat gehelp is met voer.
Dr. Willie Cilliers, (links) voorsitter van die AHi Wes-Kaap en Kurt Pullen, eienaar van Black Horse Trails op Hoekwil Maandag by die oorhandigi­ng van die voer. REGS: Van die perde van Black Horse Trails op Hoekwil wat gehelp is met voer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa