George Herald

Jongman kon nie suster se dood verwerk nie

- Kristy Kolberg

"Daddy, ek wil die ewige rus gaan rus," was sy laaste woorde aan sy ouers die Woensdagmi­ddag voor Bronwill Jafta (33) sy eie lewe geneem het.

Vier jaar ná hul dogter wreed deur haar kêrel aangerand, verkrag en vermoor is, moes Ben en Rina Jafta van Parkdene, hul enigste seun ook aan die dood afstaan.

Jafta, wat onder sy geliefdes as Bobo bekendgest­aan het, se liggaam het omstreeks 15:00 Donderdagm­iddag, 16 November, by die getypoel in Heroldsbaa­i uitgespoel ná hy die vorige nag in sy VW Golf GTI by 'n krans op die Voëlklippa­d afgestort het.

Sy suster, Rencia Jafta (37), is in 2019 wreed vermoor deur haar kêrel, Grant Robertson. Robertson is in Mei verlede jaar tot lewenslang­e tronkstraf gevonnis.

Volgens die Jafta-egpaar is die rede vir hul seun se dood die feit dat hy nie die dood van sy suster kon verwerk nie.

"Hulle was baie na aan mekaar. Hy was nooit 'n probleemki­nd nie, hy was maar net stil," het Ben Jafta vandeeswee­k aan George Herald gesê.

"Hy was baie gewild en geliefd onder sy vriende en na hulle uitgevind het wat gebeur het, het hulle almal hier by ons huis kom huil. Die trane het gestroom soos hulle oor hom gepraat het," vertel Jafta.

Volgens Jafta het Bronwill die Woensdagmi­ddag voor sy dood vreemd opgetree.

"Ek en my vrou het met hom probeer gesels oor wat hom pla. Dis toe dat hy sy hande op sy bors slaan en vir ons sê hy wil die ewige rus gaan rus. Daarna is hy weg by die huis en het nie Woensdagaa­nd huis toe gekom nie. Ons het aangeneem hy slaap oor by sy meisie, soos wat hy gereeld in die verlede gedoen het," sê Jafta.

Die nare realiteit het egter die volgende dag tot die Jaftas deurgedrin­g toe die polisie hulle vertel het dat hul seun oorlede is.

"Dis 'n pyn wat geen mens kan verstaan as jy nie self daardeur gaan nie. Ons is steeds in skok en ongeloof en ons sukkel om alles te verwerk," het die Jafta-egpaar, wat daagliks probeer vrede maak met hul dogter se ontydige dood, gesê.

Bronwill laat sy dogter (8), sy seun (14), sy suster, Celeste, sy ouers en sy ouma en oupa agter.

Begrafnisr­eëlings

'n Huisdiens word Saterdag 25 November om 09:00 by die Jaftas se huis, Snakestraa­t 21, Parkdene, gehou waarna die begrafnisd­iens om 10:00 in Hoërskool Parkdene se skoolsaal gehou gaan word.

 ?? ??
 ?? ?? Beamptes by die krans waar Jafta se voertuig afgestort het.
LINKS: Bronwill (Bobo)
Jafta was nie net ‘n kranige visserman nie, maar was ook baie lief vir motorsport.
Beamptes by die krans waar Jafta se voertuig afgestort het. LINKS: Bronwill (Bobo) Jafta was nie net ‘n kranige visserman nie, maar was ook baie lief vir motorsport.
 ?? ?? Bronwill Jafta se suster, Rencia, is in 2019 wreed vermoor.
Bronwill Jafta se suster, Rencia, is in 2019 wreed vermoor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa