George Herald

Saptoe en Hector dra nou groen vir PA

- Michelle Pienaar

Voormalige Good-raadslede Donovan Saptoe en Richard Hector het einde verlede week hulle oranje hempies vir groenes verruil toe hulle by die Patriotic Alliance aangesluit het. Saptoe en Hector, is beide opgewonde oor die pad vorentoe.

Volgens Saptoe het hy besluit om by die PA aan te sluit na baie konsultasi­es en oorwegings. "Dit is wel so dat ek genader is deur ander partye, maar aan die einde was ek die persoon wat die PA genader het," het Saptoe gesê.

"Dit het ek gedoen nadat ek hul manifes bestudeer het, asook die tipe politiek wat bedryf word. Dit is sonder twyfel dat die PA 'n huis is vir ons mense, wat nóú die verskille in ons gemeenskap­pe wil sien. Ek dink ek het nou aan die einde van my politieke tuistes gekom en is ek heeltemal verbind tot die PA en dit wat hulle voorstaan. Ek is absoluut positief en reg om my gewig ten volle in te gooi."

Hector het bevestig dat sy keuse om by die PA aan te sluit absoluut vrywillig is: "Geen beloftes is aan my gemaak nie. Net na die 2021 plaaslike verkiesing het ek tydens 'n vergaderin­g met die leierskap van Good en ander lede van die party genoem dat Good besig is om te stagneer en dat selfs 'n party soos die PA die Good-party verbygaan. Ek het 'n diepe ondersoek na die PA gedoen, hul manifes nagegaan en besef dat die PA die enigste party is wat werklik 'n verskil in die lewens van veral die mees kwesbares maak."

Hofsaak

Op 'n vraag aan Saptoe oor sy siviele saak teen Good en dié party se sekretaris­generaal, Brett Herron, het hy gesê dit gaan steeds voort. Saptoe beweer Good het sy lidmaatska­p op 'n onregverdi­ge manier beëindig.

'n Deel van die saak was 'n dringende aansoek wat Saptoe teen Good by die Kaapse hooggeregs­hof ingedien het, om die party te verbied om sy pos in die distriksra­ad te vul. Die dringende aansoek het egter gefaal. Saptoe se regsvertee­nwoordiger het vantevore aangedui dat die meriete van die saak nog nie aangehoor is nie. Dit is met hierdie deel van die saak wat Saptoe wil voortgaan.

"Natuurlik stel ek nie meer belang in

Good se lidmaatska­p nie, maar die hof moet homself nog uitspreek oor die manier waarop my lidmaatska­p deur Good beëindig is," het Saptoe vandeeswee­k gesê. "Sover dit Good aangaan is ek heeltemal klaar met hulle. Daar is absoluut niks oor tussen ons en Good nie. My werk is om aan te vul in die PA en dit is wat ek gaan doen. So, ek is absoluut opgewonde oor die pad vorentoe."

Kriminele saak

Luidens 'n vorige verklaring deur Good, is Saptoe se lidmaatska­p beëindig omdat hy nie kon rekenskap gee oor R162 000 van die party se fondse tydens die laaste tussenverk­iesing nie. Saptoe was die party se veldtogbes­tuurder tydens die tussenverk­iesing op 19 Julie.

Good se mediabestu­urder, Janke Tolmay, het bevestig dat die party deur die Valke aangesê is om 'n kriminele saak by die polisie te open, en dat dit binnekort sal gebeur.

"Dit sal in George gedoen moet word en Brett kon nog nie daarheen reis nie. Hy sal volgende week in George wees," het Tolmay gesê.

Saptoe het bevestig dat hy nog geen dagvaardin­g ontvang het nie. Op 'n vraag oor Saptoe se aansluitin­g by die PA, het Tolmay gesê Good wil nie daaroor kommentaar lewer nie.

 ?? ?? President van die Patriotic Alliance, Gayton McKenzie (links), voormalige Good-raadslede, Richard Hector en Donovan Saptoe en Ashley Sauls.
President van die Patriotic Alliance, Gayton McKenzie (links), voormalige Good-raadslede, Richard Hector en Donovan Saptoe en Ashley Sauls.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa