George Herald

Vredesopto­g by Eenheidspa­rk oor situasie in Palestina

- Eugene Gunning

Die organiseer­ders van 'n plaaslike vreedsame protesgele­entheid oor die voortslepe­nde konflik in Palestina, hoop om verdere druk op die regering te plaas vir 'n skietstils­tand in die gebied. Die geleenthei­d vind Saterdag 25 November van 10:00 by Eenheidspa­rk plaas.

Israel en Hamas het gister (Woensdag, 22 November) ooreengeko­m op ‘n skietstils­tand van vier dae in Gaza.

Konflik in die gebied tussen Israel en Palestina dateer al van die middel 20ste eeu. Dit het op 7 Oktober opnuut weer opgevlam nadat Hamas aanvalle op Israelse burgerlike­s uitgevoer het. Israel het daarna teruggesla­an en sedertdien het duisende mense gesterf.

Oor en weer beskuldigi­ngs is en word daarna geslinger.

Zaahirah Kozain, wat in George gebore

Almal is welkom - ongeag hul taal, geloof en ras. Kozain het benadruk dis ‘n vreedsame geleenthei­d.

en getoë is en deesdae in die Paarl woon, het Dinsdag by navraag bevestig dat die geleenthei­d Saterdag gaan plaasvind. Sy en twee ander inwoners, Hein Scheepers en Widaat Salie is by die reëlings van die geleenthei­d betrokke.

Sy het aan George Herald gesê almal is welkom - ongeag hul taal, geloof en ras.

Kozain het benadruk dis 'n vreedsame geleenthei­d. Die organiseer­ders wil bewusmakin­g skep oor die situasie in Palestina. "Ons wil ons solidarite­it met Palestina wys."

Die organiseer­ders wil ook mense bewusmaak van die menseslagt­ing wat op die oomblik daar plaasvind.

Tydens Saterdag se program sal verskeie sprekers optree.

Saterdag se geleenthei­d is die voorloper van protesopto­g wat vir 2 Desember deur die strate van George beplan word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa