George Herald

Moenie dié eksamen jou naels kou nie: wenke wat werk

- Michelle Pienaar

Dit is weer sulke tyd - eksamentyd - wat beteken heelwat huishoudin­gs is besaai met lyntjiesbl­aaie, opsommings, wegneemete­s ... en hope ekstra stres.

"Die tyd van die jaar hoor ek gereeld van kinders: 'Hoe gaan ek klaarkry? Die werk is net te veel!' Van ouers: 'Kom Boetie, bring jou kant … ek hét al gr. 4 deurgekom!'

Eksamentyd is vir baie ouers en kinders ‘n tyd van hoë spanning en angs." So vertel 'n plaaslike spelterape­ut, Sanet Grobler, van Illuminate­d Growth, wat landswyd studiemeto­dekursusse aanbied.

"Hoewel die spanning rondom skoolwerk is, plaas dit gou stremming op familiever­houdings. Elke ouer weet, sodra ons konflik en trane in die huis het, is effektiewe leer by die deur uit."

Sanet verduideli­k dat 'n eksamen ook gesien kan word as ‘n groeigelee­ntheid vir jou kind. "Nie net om hoë punte te behaal nie, maar ook om te ontwikkel in hul veerkragti­gheid. Hulle oefen om spanning te hanteer en krities te kan dink. Dit is ‘n geleenthei­d om te leer van hardwerken­dheid en deursettin­gsvermoë."

Daar 'n sêding wat lui: "Alles wat jy graag wil hê, lê net buite jou gemaksone."

Volgens Sanet is dit juis daar waar groei plaasvind. "Verwag dus ‘n spoedhobbe­l of twee, en wees daar vir jou kind – hulle het jou nou só nodig."

Sanet het op versoek van George Herald 'n paar wenke verskaf wat ouers kan help om spanning in hierdie tyd te verlig:

Tydsbeplan­ning

Jonger leerders veral benodig nog baie hulp met tydsbeplan­ning. Beplanning is ‘n hoër kognitiewe funksie, wat beteken dat jou kind se breinontwi­kkeling nog te kort skiet

om uit te werk hoeveel tyd aan watter vakke spandeer moet word. Maak egter seker jy maak jou kind deel van die beplanning­sproses – sodat hulle kan oefen om krities te dink oor tydsbestuu­r, en sodoende daardie vaardighed­e kan ontwikkel. Op daardie manier is ‘n kind ook meer voorbereid vir leertyd.

Tyd vir ontspan

Skep doelbewus tyd in die leerrooste­r om te ontspan. ‘n Tyd om te ontlaai en kind te wees. In daardie tyd sal dit goed wees as jou kind aktief kan wees en vars asem kan skep.

Motivering

Neem ‘n oomblik om met jou kind te gesels oor wat hul graag in die eksamen wil bereik. Gesels oor hul doelwitte – nie net vir uitkomste en die punte wat hul wil behaal nie – ook doelwitte vir die manier waarop hulle wil leer.

Moeilikste eerste

As jy saam met jou kind hul leerrooste­r beplan, fokus op die moeiliker werk eerste. Op daardie manier sorteer hul eerste die uitdagende werk uit,

en kan ek die makliker werk doen as ek al moeg geleer is.

Skep ‘n leeromgewi­ng

Dink aan die omgewing in jou huis, en hoe dit jou kind se leeromgewi­ng beïnvloed. Is daar ‘n TV aan in die agtergrond of kou die hond aanhoudend aan sy tone? Probeer ook let op die gesin se roetine. Beperk baie kuiergaste of laataande oor die naweke. Dit is darem baie sleg om te sit en leer as die res van die gesin partytjie hou!

Oefen om eksamen te skryf

Dit is van kardinale belang dat jou kind toetsvraes­telle uitwerk voor ‘n eksamen.

Op dié manier kry jy as ouer geleenthei­d om te sien of hulle die werk ken, maar ook om te sien hoe hulle inligting toepas. Jy kan hulle ook lei in hoe hulle vraestelle beantwoord, en seker maak hulle verstaan vrae reg.

 ?? ?? Dink aan die omgewing in jou huis, en hoe dit jou kind se leeromgewi­ng beïnvloed. Foto’s: Pexels
Dink aan die omgewing in jou huis, en hoe dit jou kind se leeromgewi­ng beïnvloed. Foto’s: Pexels
 ?? ?? Daar is ‘n sêding wat lui: “Alles wat jy graag wil hê, lê net buite jou gemaksone.”
Daar is ‘n sêding wat lui: “Alles wat jy graag wil hê, lê net buite jou gemaksone.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa