George Herald

Deon Meyer kuier by Groenkloof

- Alida de Beer

Die briljante misdaadrom­anskrywer Deon Meyer, was op Donderdag 16 November by Groenkloof-aftreeoord vir 'n genotvolle laatmiddag kuier saam met inwoners en bewonderaa­rs.

Hy was in gesprek met Marliza van den

Berg, bekende joernalis en aanbieder van die televisier­eeks, Op Soek na Eden, wat hom uitgevra het oor sy loopbaan, belangstel­lings en sy jongste boek, Leo, wat in Oktober verskyn het.

Die gehoor kon luister na interessan­te vertelling­s oor sy skrywerslo­opbaan, oorsese reise vir boekbekend­stellings, die skryfprose­s en deeglike navorsing wat hy doen, hoe sy vrou Marianne hom ondersteun, en ook oor belangstel­lings buiten sy skryfwerk.

Hy het 'n kort voorlesing uit Leo gedoen as voorsmakie vir dié wat nog nie die boek gelees het nie. Bennie Griessel maak weer sy verskyning in die boek, wat al die elemente vir 'n boeiende misdaadsto­rie bevat.

Sonder om te veel te verraai, het Meyer vertel dat sekere nuusgebeur­e ongeveer 12 of 13 jaar terug die "vonk" was vir sy jongste verhaal.

Hy het so drie jaar gelede besluit dis tyd om dié gebeure deur te trek na 'n storie.

Martin Barnard, Groenkloof se oordbestuu­rder en self 'n Deon Meyer-bewonderaa­r, het in sy verwelkomi­ng grappender-wys voorgestel dat die skrywer sy volgende boek in Groenkloof moet laat afspeel.

Meyer was akkoord, maar het tot groot vermaak van die gehoor gewaarsku dat Barnard die lydende party in die verhaal sal wees.

Meyer was in George op uitnodigin­g van Nostalgie Café se eienaars, Erica en Marius Gruber. Zorgvliet-wynkelder is ook genooi om 'n wynproe aan te bied en daarmee saam het gaste 'n happiebord met Leeuwenbos­ch Boerenkaas geniet. Luister na 'n opname van die gesprek by www.georgehera­ld.com.

 ?? Www.georgehera­ld.com Foto’s: Alida de Beer ?? Sien ‘n video by
Deon Meyer saam met, van links: Martin Barnard (Groenkloof-oordbestuu­rder), Marliza van den Berg (TV-aanbieder) en Marius en Erica Gruber (eienaars van Nostalgie Café).
Www.georgehera­ld.com Foto’s: Alida de Beer Sien ‘n video by Deon Meyer saam met, van links: Martin Barnard (Groenkloof-oordbestuu­rder), Marliza van den Berg (TV-aanbieder) en Marius en Erica Gruber (eienaars van Nostalgie Café).
 ?? ?? Die 13-jarige Janie Maritz, ‘n groot bewonderaa­r van Deon Meyer, het in die lang ry gestaan om sy handtekeni­ng in haar kopie van Leo te kry. In die middel is Antoinette Lessing wat ‘n kopie vir haar seun gekry het.
Die 13-jarige Janie Maritz, ‘n groot bewonderaa­r van Deon Meyer, het in die lang ry gestaan om sy handtekeni­ng in haar kopie van Leo te kry. In die middel is Antoinette Lessing wat ‘n kopie vir haar seun gekry het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa