George Herald

Emile gaan SA weer in die buiteland verteenwoo­rdig

- Eugene Gunning

Stilsit is 'n woord wat Emile Conrad, die gehardste brandbestr­yder in Suid-Afrika nie ken nie.

Conrad, (39), wat onlangs vir die soveelste keer die titel Toughest Firefighte­r Alive

South Africa (TFA-SA) agter sy naam kon skryf, is op die oomblik druk besig om voor te berei vir 'n internasio­nale kompetisie in Saudi-Arabië.

Hy en sy vrou, Bonita, wat saam met hom by die Tuinroete-distriksmu­nisipalite­it as 'n brandbestr­yder werk, vertrek op 29 Februarie na die buiteland vir 'n internasio­nale kompetisie. Hulle sal as 'n span deelneem, maar ook individuee­l. Hulle en nog twee ander brandbestr­yders van Kaapstad, gaan daar teen brandbestr­yders van meer as 20 lande meeding.

In September sal hy Suid-Afrika in Denemarke by die World Firefighte­rskompetis­ie verteenwoo­rdig. "Dit is soos die Olimpiese Spele van brandbestr­yders."

Dit is 'n uitvloeise­l van die Toughest Firefighte­r Alive South Africa-kompetisie wat hy in 2023 in Mosselbaai gewen het.

Conrad het Sondagaand op die TVprogram, Kwela meer vertel van sy besondere loopbaan. Hy het Dinsdag 20 Februarie, te midde van 'n druk program, tyd ingeruim om met George Herald te praat.

Hy is al byna 15 jaar in die beroep. Hy was voorheen in die houtwerkbe­dryf in Atlantis. In daardie stadium was

Bonita reeds in die beroep. Hy het dus

'n goeie idee gehad waaroor dit gaan. In

2009 het hy bedank uit sy beroep in die houtwerkbe­dryf en na George gekom vir brandbestr­ydingsople­iding. Hulle is in 2012 getroud en is ook hier gevestig.

Oor die jare het hy verskeie kere aan die Toughest Firefighte­r-kompetisie deelgeneem en dit vyf keer in 'n ry gewen. Hy het SuidAfrika in dié hoedanighe­id in die buiteland verteenwoo­rdig.

In 2022 was hy tweede en verlede jaar het hy dit weer gewen. Die kompetisie stel hoë eise en daar is vier verskillen­de fases soos onder meer 'n hindernisb­aan.

Volgens hom is dit 'n uitdagende beroep. Dit is gevaarlik, maar hy het 'n passie vir sy werk.

Hy is 'n gelowige mens. "Dit dra my. Ek is

'n brandbestr­yder, want God het my hier met 'n rede geplaas."

Conrad beskou die kompetisie as iets positiefs want dit bied 'n platform waar hy mense positief kan beïnvloed. Dis ook 'n geleenthei­d om die beroep bekend te stel.

Fiksheid is nie vir hom onderhande­lbaar nie, hy oefen minstens een keer per dag.

Dit help hom baie in sy werk omdat brandbestr­yders vir lank tye aanmekaar brande moet bestry.

Die egpaar het twee kinders. Hulle ken die brandweers­tasie waar hul ouers werk. Hulle wil beide ook eendag brandbestr­yders word.

 ?? ??
 ?? Foto’s: Eugene Gunning ?? Emile Conrad by die nuwe brandweers­tasie van die Tuinroete-distriksmu­nispalitei­t. INLAS: Emile Conrad en sy vrou, Bonita.
Foto’s: Eugene Gunning Emile Conrad by die nuwe brandweers­tasie van die Tuinroete-distriksmu­nispalitei­t. INLAS: Emile Conrad en sy vrou, Bonita.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa