George Herald

Wyk 8-kandidaat is kwaad vir EFF

- Eugene Gunning

Die EFF se kandidaat in verlede Woensdag, 14 Februarie, se munisipale tussenverk­iesing vir wyk 8, Shumenta Malan, is ongelukkig oor hoe die party haar behandel het en eis nou antwoorde van die leierskap.

Malan het 34 stemme gekry en was onsuksesvo­l om tot die stadsraad verkies te word.

Malan het gesê sy is in Desember verlede jaar deur die party gevra om te help met werwing. Sy het ingestem en 'n paar weke later het die party haar genader om haar as kandidaat beskikbaar te stel in wyk 8 onder die EFF-vaandel. Daar is vooraf vir haar gesê sy sal "voordeel" trek as sy as 'n kandidaat staan. Dis nie bekend wat die "voordeel" sou behels nie.

Na die tussenverk­iesing het sy sonder sukses antwoorde probeer kry.

Donderdagm­iddag na die tussenverk­iesing het elkeen wat gewerk het tussen R100 en R200 ontvang. "Ons was so tussen 20 en 30 mense."

Sy het vir Virgill Gericke van die EFF 'n boodskap gestuur dat die party haar onder die bus gegooi het.

Volgens haar het hy 'n rukkie later gebel en ontken dat hy haar of enigiemand onder die bus gegooi het.

"Ek voel die EFF het my misbruik en ek is baie teleurgest­eld. As ek dit van die begin geweet het, sou ek my nie as kandidaat beskikbaar gestel het nie.

"In die stadium het ek nog nie bedank uit die EFF nie, maar ek voel die party het sy rug op my gedraai. Ek wil weet waar ek staan. Ek is huisloos en werkloos."

Volgens haar het sy baie tyd vir die

EFF opgeoffer in die tussenverk­iesing.

Gericke het Dinsdag 20 Februarie by navraag die volgende reaksie aan George Herald gegee:

"Die EFF en sy ampsdraers ontken ten sterkste dat ons enige beloftes gemaak het ten opsigte van voordele aan die kandidaat of enige ander persoon.

"Die kandidaat het vrywillig ingestem om as kandidaat te staan. Sy is ooreenkoms­tig vergoed vir veldwerk soos die res van die span. Ons het ons span weekliks betaal vir ses weke.

"Hulle is voorsien van etes en vervoer.

Dit is uiters kwaadwilli­g van die kandidaat om sulke valse bewerings te maak. Ek is bewus dat sy finansieel sukkel, maar sy kon eenvoudig net vir hulp gevra het.

"Die party is ook nie verantwoor­delik vir die onderhoud van haar privaat lewe nie. Sy was werkloos toe ons haar genader het. Die EFF het haar 'n kans gegee, maar ongelukkig het dit nie uitgewerk nie. Ons wens haar die beste vir die toekoms."

 ?? ?? Shumenta Malan
Shumenta Malan

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa