George Herald

PA het nou 3 lede in George-stadsraad

- Eugene Gunning

Die nuwe wyksraadsl­id vir wyk 8 in die Georgestad­sraad, Samuel Vorster, het onderneem om 'n verteenwoo­rdiger vir al die inwoners in die wyk te wees - ongeag of hulle vir hom gestem het of nie.

Die 45-jarige Vorster het Maandag 19 Februarie, enkele dae nadat hy verkies is, met George Herald gesels.

Hy is verlede Woensdag, 14 Februarie, tot die stadsraad verkies nadat hy die munisipale verkiesing vir die wyk oorweldige­nd gewen het.

Dit beteken dat die PA nou drie raadslede in die George-stadsraad het. Twee is wyksraadsl­ede en die ander een is 'n proporsion­ele lid.

Vorster het 1 272 stemme gekry wat byna dubbel soveel is as sy naaste teenstande­r, David Willemse van die DA wat 671 op hom verenig het. Levinia Wildeman van die ANC het 50 stemme gekry en Shumenta Malan van die EFF 34 stemme.

Die PA het Saterdag 17 Februarie 'n oorwinning­spartytjie in Parkdene gehou wat deur sy nasionale leier, Gayton Mackenzie bygewoon is.

Ofskoon die stadsraad vir Vorster 'n nuwe terrein is, is hy geen groentjie in die politiek nie. Hy het al in 2016 by politiek betrokke geraak en destyds by die PBI aangesluit nadat hy genader is. "Ek het gevoel ek wil betrokke raak."

Einde 2021 het hy weens persoonlik­e redes

uit die PBI bedank. 'n Boodskap van Gayton Mackenzie, die PA-leier, het hom aangegryp en hy het by die party aangesluit.

Vorster is gebore en getoë in George.

Buiten die politiek is hy ook 'n stigtersli­d van vlakkiekri­eket in George. "Ek het gesien daar is 'n tekort aan aktiwiteit­e vir die jeug in George."

Volgens hom is daar groot vraagstukk­e in die wyk wat al jare aankom. Dit sluit in werklooshe­id, uitdagings oor die jeug, daar is nie 'n biblioteek in die gebied nie en ook nie 'n mobiele munisipale kantoor nie. Die naaste ander munisipale mobiele kantoor is in Conville. Dis 'n paar kilometer weg. Vir 'n bejaarde om daarheen te stap is ongeriefli­k en lewensgeva­arlik. "Ek sal graag wil sien dat so 'n kantoor in die wyk gevestig word."

Hy sal hom beywer vir dienslewer­ing en dat die blokkering van inwoners se krag opgehef word.

Vorster het reeds 'n PA-kantoor in die wyk gevestig en is van voorneme om nog te vestig.

"Dit is sodat ek vinniger en effektiewe­r met die gemeenskap kan kommunikee­r."

Christo Alexander, PA-lid wat wyk 20 in die stadsraad verteenwoo­rdig, het gesê die party is dankbaar teenoor die gemeenskap van George en Parkdene vir hul steun. Alexander het 'n groot rol gespeel in die PA se jongste oorwinning.

"Dis duidelik dat die gemeenskap reg is vir veranderin­g. Die gemeenskap van George aanvaar die PA nou as alternatie­f. Binne ses maande is twee PA lede as wyksraadsl­ede verkies."

Volgens hom was verlede Woensdag 'n groot oorwinning. Die PA was 'n onbekende party in die wyk.

Hy het gesê die DA is gestraf. Dit is omdat mense se krag geblok is en omdat PA-lede op sosiale media sleggesê is.

"Die uitslag is 'n goeie footprint met die oog op die nasionale verkiesing. Hierdie is net die begin en die PA gaan nog wyke wen."

Die PA sal met enige party in die George

stadsraad saamwerk as dit tot voordeel van die gemeenskap is.

 ?? ?? ‘n See van groen. Talle PA-ondersteun­ers het Saterdag ‘n oorwinning­spartytjie in Parkdene bygewoon wat deur die party se nasionale leier, Gayton Mackenzie toegespree­k is.
‘n See van groen. Talle PA-ondersteun­ers het Saterdag ‘n oorwinning­spartytjie in Parkdene bygewoon wat deur die party se nasionale leier, Gayton Mackenzie toegespree­k is.
 ?? Foto: Eugene Gunning ?? Trots PA. Samuel Vorster, (links) die nuwe lid vir wyk 8 in die George-stadsraad en Christo Alexander, raadslid vir wyk 20.
Foto: Eugene Gunning Trots PA. Samuel Vorster, (links) die nuwe lid vir wyk 8 in die George-stadsraad en Christo Alexander, raadslid vir wyk 20.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa