George Herald

Go George herlei busse

-

Go George sal tydelike veranderin­gs aan sekere roetes aanbring om die Outeniqua-rolstoelwe­dren (OCC) op Saterdag 24 Februarie te akkommodee­r.

Met die sentrum by Carpe Diem

Skool in Langstraat is die impak van die geleenthei­d op die busdiens minimaal. Hier onder volg 'n opsomming van die roetes wat geraak word.

Roete 9 Industrial Loop

Alle geskedulee­rde ritte op hierdie roete, omgekeerde (reverse) ritte ingesluit, sal kloksgewys (forward) ry tot 12:00. Alle bushaltes aan die kant van die straat wat normaalweg gediens word deur die omgekeerde roete sal gesluit word vir die duur van die wedloop.

Roete 13 City Loop F & R, R18 Parkdene – Blanco en R18A Thembaleth­u - Blanco

As gevolg van die sluiting van Uniestraat tussen Meade- en Yorkstraat tot 12:30 sal hierdie roetes uit Uniestraat regs draai in

Meadestraa­t, links in Palgravest­raat, links in Yorkstraat, regs in Plattnerbo­ulevard, en van daar af soos gewoonlik voortgaan. Roete 13R sal dieselfde roete omgekeerd volg.

Roetes 53 Rosemoor en 53B Rosemoor Express

As gevolg van die gedeelteli­ke sluiting van Parkweg voor Blue Mountain sal hierdie twee roetes via Knysnaweg ry wanneer dit van die Garden Route Mall vertrek, links draai in die St Georgeweg by CTM, en regs in Parkweg om die normale roete van daar af voort te sit. Dieselfde herleiding sal geld vir ritte uit die dorp in die rigting van die Mall. Parkweg behoort oopgestel te wees teen 10:00.

Wees vertraging­s te wagte

Tydens die wegspring van die

21 km en 42 km-wedlope vanaf die beginpunt in Langstraat, via Hopestraat na die lughawepad-sirkel

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa