George Herald

Du Plessis nou voorsitter van SAOU in Wes-Kaap

- Eugene Gunning

'n Groot eer het Sas du Plessis, hoof van Laerskool George-Suid, te beurt geval toe hy onlangs tot die nuwe voorsitter van die SuidAfrika­anse Onderwyser­sunie (SAOU) in die Wes-Kaap verkies is. Die SAOU is 'n vakbond wat na mense in die onderwys se belange omsien.

Du Plessis is natuurlik die ideale persoon vir die taak want hy is al 30 jaar in die onderwys. Hy is gebore en getoë in Moorreesbu­rg en het in 2016 hoof van Laerskool GeorgeSuid geword.

Du Plessis het verlede Woensdag, 14 Februarie, 'n ontmoeting gehad met dr. Louis Swanepoel, die president van die SAOU.

Tydens die gesprek het hy groter duidelikhe­id gekry oor die interne werking van die SAOU en sy pligte as voorsitter.

Du Plessis het aan George Herald gesê baie eenvoudig gestel kan die SAOU as 'n vakbond beskryf word.

Lidmaatska­p is vrywillig en enigiemand wat 'n beroepsbel­ang in die onderwys het kan daaraan behoort. Dis deel van die groter arbeidskou­kus in die land en die organisasi­e is in elkeen van die nege provinsies verteenwoo­rdig. Daar is 'n oorhoofse nasionale raad wat by tye vergader.

Die onderskeie provinsies kan insette in die verband op nasionale vlak lewer.

In die Wes-Kaap het die SAOU altesaam 7 800 lede. In die provinsie is daar onderlinge kringe soos die Tuinroete, die Weskus, die Overberg en die Metropool. Dit verteenwoo­rdig laer, hoër- en vaardighei­dskole.

Hy het geen illusies oor die groot uitdagings wat wag en aandag sal moet kry nie. Daar is talle soos die voorgestel­de Bela-wet, salarisond­erhandelin­ge, om 'n veilige en billike werksomgew­ing te handhaaf en te verbeter, die behoud van 'n relevante kurrikulum vir die toekoms en die swak ekonomiese situasie wat die onderwys kan beïnvloed.

Volgens Du Plessis is 'n belangrike fokus diens aan sy lede. Dit is sodat almal wat belang in die onderwys het uiteindeli­k voordeel daaruit kan trek.

Dit is soos byvoorbeel­d die analise van die matriekuit­slae, diens aan nuut aangesteld­e onderwyser­s, ondersteun­ing van beheerligg­ame en die deurlopend­e opleiding van onderwyser­s.

Uit sy eie lang loopbaan in die onderwys besef hy dat die onderwys in een van die uitdaagend­ste tye ooit is.

Dinge wat aandag sal moet kry sluit in groot klasse en gebrek aan goeie buitemuurs­e fasiliteit­e en goeie infrastruk­tuur. Hy sien uit na die taak.

 ?? Foto: Eugene Gunning ?? Sas du Plessis, hoof van Laerskool GeorgeSuid en nuwe voorsitter van die Suid-Afrikaanse Onderwyser­sunie (SAOU) in die Wes-Kaap.
Foto: Eugene Gunning Sas du Plessis, hoof van Laerskool GeorgeSuid en nuwe voorsitter van die Suid-Afrikaanse Onderwyser­sunie (SAOU) in die Wes-Kaap.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa