George Herald

Daar is altyd hulp en hoop

- - Kristy Kolberg

Ons voel soms of alles te veel raak en ons nie weet watter kant toe nie. Daar is druk by die werk, in verhouding­s en in jouself.

Soms voel jy so vasgevang binne jou omstandigh­ede en emosies, dat jy nie uitkoms of die groter prentjie sien nie. Maar jy besef ook dat jy nie so kan aangaan nie.

Daar is hulp

Volgens Nicolette Buitendag, direkteur van Families Suid-Afrika (Famsa) Outeniqua, is daar verskeie organisasi­es in ons omgewing wat hulp aanbied. Famsa Outeniqua is slegs een van hierdie organisasi­es.

"Ons lewer die afgelope 40 jaar dienste aan die George-gemeenskap, wat fokus op trauma, verhouding­suitdaging­s en stressors. Opgeleide sielkundig­e- en maatskapli­ke werkers bied berading, en soms help 'n onpartydig­e persoon wat alle situasies vertroulik hanteer, juis om die groter prentjie te sien," sê Buitendag.

Dienste gelewer

Buiten dienste wat aan individue gebied word, bied Famsa ook hul dienste aan besighede rondom trauma-ontlonting, streshante­ring en ander onderwerpe.

Besighede kan ook 'n werksooree­nkoms met hulle sluit om beradingsd­ienste op hulle perseel te lewer.

"Ons fokus op gesinsgewe­ld op verskeie terreine. Ondersteun­ing, praktiese hulp en berading word gebied aan slagoffers van gesinsgewe­ld en verkragtin­g," sê Buitendag.

Famsa bied ook jaarliks verskeie opleidings­essies aan om die gemeenskap toe te rus om mekaar te ondersteun.

Kontak ons gerus vir ons basiese beradingsk­ursus, trauma-ontlonting­skursus, opleiding in die hantering van gesinsgewe­ld, asook rouberaad. Enige persoon bo 18 kan hierdie opleiding bywoon, al het jy nie ander kwalifikas­ies nie.

"Ons glo dat daar altyd hoop is, al voel dit nie so nie. Kontak ons gerus as jy vrae het of voel jy wil graag met iemand gesels. Daar is hulp beskikbaar," sê Buitendag.

Famsa lewer dienste aan volwassene­s, tieners en kinders en beraders is ook in die satellietk­antore beskikbaar in Thembaleth­u, Pacaltsdor­p, Blanco, Conville en Rosemoor, asook by die kantoor in die dorp in Meadestraa­t 68.

Enige persoon wat graag berading wil ontvang, is welkom om die kantoor te kontak vir 'n afspraak.

Skakel Famsa by 044 874 5811 of stuur 'n e-pos aan george@famsa.org.za.

Hulle plaas ook weekliks artikels en inligting op hul Facebook- en webblaaie.

 ?? Foto: Keenan Constance ?? As jy voel dinge raak te veel, kontak Famsa vir berading en die nodige hulp.
Foto: Keenan Constance As jy voel dinge raak te veel, kontak Famsa vir berading en die nodige hulp.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa