George Herald

Pasa spring weg met reeks oor dwelm- en alkoholmis­bruik

- Alida de Beer

People Against Substance Abuse (Pasa) het vandeesmaa­nd begin met 'n veldtog waartydens hulle teen 14 Maart, 20 skole wil besoek as deel van die organisasi­e se pogings om dwelm- en alkoholmis­bruik by die jeug te voorkom.

Volgens Wayne Windvoël van Pasa is hierdie voorkoming­sprogram gefokus op gr. 7-leerders, wat op 'n baie beïnvloedb­are stadium is vir groepsdruk.

"Ons besoek jaarliks 'n klomp skole wanneer ons met 'n spesifieke groep leerders gesels oor sleutelkwe­ssies en ons hoop om hulle so meer weerbaar te maak en te help om die regte besluite te neem wat hulle toekoms positief sal raak," sê Windvoël.

Die praatjies van tussen 40 minute en 'n uur fokus op onderwerpe soos selfbeeld, verveeldhe­id, rebelsheid, groepsdruk, die realiteit van 'n mens se omstandigh­ede en hoe die samelewing jou lewensuitk­yk kan beïnvloed, asook vaderloosh­eid wat 'n massiewe probleem in ons gemeenskap is waar soveel huise gebroke is.

"Ons praat met die kinders oor hoe hierdie sake 'n mens se besluite beïnvloed en hoe jou besluite uiteindeli­k jou lewe bepaal," sê Windvoël.

Die praatjies is gratis, maar Pasa kan dit opvolg met 'n meer in diepte program, Bound, wat slegs by belangstel­lende skole aangebied word. Dit vind oor drie dae plaas en 'n donateur is nodig om dit te borg.

Boekie vir ouers

'n Inligtings­boekie vir ouers word ook aan die skoolhoofd­e oorhandig wat hulle onder ouers kan versprei. Dit kos slegs R12 en bevat waardevoll­e inligting oor dwelm- en alkoholmis­bruik, asook hoe ouers die gevaarteke­ns kan raaksien.

"Die meeste ouers is heeltemal oningelig. Dit was ook so met my ouers. Toe ek begin dwelms gebruik het, het hulle dit nie geweet nie. Dit was eers toe dinge uitmekaar begin val het, dat hulle besef het wat aangaan," vertel Windvoël, wat vir jare in die greep van dwelms geleef het.

Hulp vir afhanklikh­eid

Mense wat hulp soek vir familieled­e wat verslaaf is of wat met middelafha­nklikheid sukkel, kan met Pasa in verbinding tree. Hulle verwys mense na 'n bekostigba­re rehabilita­siesentrum en help met die vervoer daarheen. Stuur 'n WhatsApp-boodskap na 068 487 4848 om 'n afspraak te maak.

Persone wat meer inligting oor Pasa verlang, kan Wayne Windvoël bel by

071 469 9353 of stuur 'n e-pos na wayne@ pasacaw.co.za.

 ?? ?? Wayne Windvoël bied ‘n praatjie aan by ‘n laerskool.
Wayne Windvoël bied ‘n praatjie aan by ‘n laerskool.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa