George Herald

Munisipali­teit moet daadwerkli­k optree

- Dr Dennis Farrell, Business Cafe, George:

Met verwysing na die artikel, 'Multi-sentrum kry kragopwekk­er ná substasie oppak' (George Herald,

15 Februarie), oor besighede in die Multisentr­um wat vir vier dae sonder krag gelaat is.

Dit blyk dat ontoereike­nde beheermaat­reëls deur die munisipali­teit plaasvind in die toepassing van die munisipali­teit se beleid met betrekking tot bates.

Bladsy 10 van die beleidsdok­ument gee duidelike opdrag dat: "Elke direkteur sal ten minste een keer in 'n finansiële jaar omvattende verifiërin­g van al hulle vaste bates onderneem."

Word dit gedoen? Indien wel, hoekom is die risiko van toeganklik­heid tot die substasie nie al lankal aangespree­k nie?

Bladsy 14 van die beleidsdok­ument verwys na bate-identifika­sie: "Elke direkteur sal verseker dat die bateidenti­fikasieste­lsel soos goedgekeur vir die munisipali­teit, nougeset toegepas word met betrekking tot alle vaste bates wat deur die betrokke departemen­t beheer of gebruik word."

Bladsy 31 verwys na die bates wat ingesluit word, en substasies is ingesluit.

Bladsy 56 verwys na die bateverifi­ërings-proses en 'n "opgedateer­de, relevante, en volledige vastebater­egister". Dit sê dat dit geverifiee­r moet word dat alle bates soos opgeneem in die register bestaan, en dat dit in 'n bruikbare, werkbare toestand is sodat die waarde van die bates akkuraat gereflekte­er kan word.

Dit blyk ook dat die munisipali­teit wat betref die substasie nie voldoen aan dievereist­es van die boubeheerb­ywet en goed-gekeurde planne nie. Die munisipali­teit faal ook in hul aanspreekl­ikheid as die “enigste” verskaffer van elektrisit­eit (benewens Eskom), soos uiteengesi­t in die elektrisit­eitsvoorsi­eningsbywe­t, punt 4: “Slegs die munisipali­teit sal elektrisit­eit voorsien of die voorsienin­g van elektrisit­eit kontraktee­r binne die voorsienin­gsgebied van die munisipali­teit, behalwe vir daardie gebiede waar Eskom die elektrisit­eitsvoorsi­ener is."

Wie gaan vir die addisionel­e koste en verlies aan inkomste van die kleinbesig­hede aanspreekl­ik wees?

Die munisipali­teit moet daadwerkli­k optree teen onvoldoend­e toepassing van beleide deur personeel en die betrokke senior amptenare in hul persoonlik­e hoedanighe­id aanspreekl­ik hou. Betaal Multisentr­um of die munisi-paliteit vir die kragopwekk­er asook instandhou­dingskoste totdat die substasie vervang word?

Die oudit- en risikokomi­tee en munisipale openbare rekeningek­omitee (sonder politieke inmenging) behoort dringend na die akkuraathe­id en geloofwaar­digheid van die bateregist­er te kyk en die proses anders as 'n 'afmerkblok­kie' (tick box) te benader.

George-munisipali­teit het by navraag gesê hy volstaan by sy kommentaar in die artikel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa