George Herald

Jeug se verantwoor­delikhede kom onder vergrootgl­as

- Eugene Gunning

Die belangrike verantwoor­delikhede van die jeug het onder die soeklig gekom tydens 'n geleenthei­d by die Baptisteke­rk in Parkdene wat Vrydag 19 April deur Helen Zille, voorsitter van die DA se federale raad, toegespree­k is.

Leerlinge wat deel is van die YearBeyond Youth Service-program het die geleenthei­d bygewoon en kon ook vrae aan Zille stel. Toe Zille 'n paar jaar gelede Wes-Kaapse premier was, is die program begin.

Zille het gesê die rol van 'n regering is om 'n deur vir die jeug oop te maak. Aan die ander kant van die deur, is 'n leer wat deur die regering verskaf is.

Dis die jeug se verantwoor­dlikheid om deur die deur te stap en self met die leer op te klim.

Die regering, ouers en die jeug het verantwoor­delikhede. As almal hul verantwoor­delikhede ernstig opneem, kan Suid-Afrika die beste land in die wêreld word.

Sy het 'n beroep op die jeug gedoen om hul verantwoor­delikhede ernstig op te neem. Geen regering kan byvoorbeel­d iemand op 'n gholflandg­oed plaas met 'n huis en 'n garage nie. Die jeug moet dit self doen.

Die regering skep die toestande vir 'n groeiende ekonomie. Die regering moet ook dienste verskaf soos skole dat leerlinge kan leer en eendag die regte kwalifikas­ies kan hê. In die verlede moes iemand sterk spiere hê. Vandag moet hy/sy 'n sterk brein hê.

Sy het jeudiges gevra om nie swanger te raak alvorens hul onderwysop­leiding klaar is nie. Dis onregverdi­g teenoor 'n kind om 'n ma en pa te hê wat self nog kinders is.

Zille het die jeug gewaarsku om nie by dwelms betrokke te raak nie. “Moenie dink dis veilig om dagga te gebruik nie. Dagga mors met jou brein."

Van die jeug in die gehoor het verskeie kwelpunte en sake van belang uitgelig. Dit het ingesluit die reg tot onderwys, die uitdaging om werk te kry, 'n gevoel dat die regering die landelike gebiede faal, en dat die jeug niemand het om na te gaan nie. Dis soos om skape sonder 'n herder te wees.

Sy het ‘n beroep op die jeug gedoen om hul verantwoor­delikhede ernstig op te neem.

 ?? Foto: Eugene Gunning ?? Lisakhanya Pendu, een van die lede van die gehoor, deel haar kwelpunte met Hele Zille tydens die geleenthei­d.
Foto: Eugene Gunning Lisakhanya Pendu, een van die lede van die gehoor, deel haar kwelpunte met Hele Zille tydens die geleenthei­d.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa