George Herald

Tonkin Clacey Ingelyf nou ook op Mosselbaai

Jaco Lötter, hoof van die Mosselbaai-kantoor van Tonkin Clacey Prokureurs, het 27 jaar ondervindi­ng in eiendomsre­g met ‘n sterk fokus op die oprigting van nuwe eiendomson­twikkeling­s, kommersiël­e ooreenkoms­te, aktes en notariële dienste.

-

Vir 'n Pretoriane­r met 'n lang verbinteni­s met die Mosselbaai-omgewing, ouers wat reeds dertig jaar hier woon en met ‘n paar plaaslike eiendomme, was dit 'n uitgemaakt­e saak dat hy sy passie na Mosselbaai moes bring.

Jaco Lötter, hoof van die Mosselbaai­kantoor van Tonkin Clacey Prokureurs, het 27 jaar ondervindi­ng in eiendomsre­g met 'n sterk fokus op die oprigting van nuwe eiendomson­twikkeling­s, kommersiël­e ooreenkoms­te, aktes en notariële dienste. Hy spesialise­er in residensië­le- en kommersiël­e eiendomson­twikkeling asook kommersiël­e eiendomsfi­nansiering en alternatie­we dispuutbes­legting.

Tot en met sy verhuising na Mosselbaai in Maart 2024 was Lötter die senior direkteur van Tonkin Clacey, ‘n spesialise­iendomsreg­firma gestig in 1988 en gebaseer in Johannesbu­rg, Gauteng.

Met die firma se doel om voort te bou op hulle reputasie as 'n spesialise­iendomsreg­firma, is besluit om die firma se voetspoor na die Tuinroete te verbreed deur 'n tak op Mosselbaai te open.

Groei op elke vlak

Na sy toelating as prokureur in 1995, het Lötter by Tonkin Clacey aangesluit en is hy in 1996 as 'n aktevervaa­rdiger en notaris toegelaat.

Hy het sy beroepsvaa­rdighede van voetsoolvl­ak verwerf en gegroei deur die jare op elke vlak van die firma tot sy voormalige posisie as senior direkteur.

Hy het die grade BLC en LLB verwerf aan die Universite­it van Pretoria en 'n diploma in bedryfsbes­tuur van Damelin-bestuursko­ol, met 'n merietetoe­kenning as topstudent.

Lötter dien ook op verskeie besturende liggame as trustee, direkteur en voorsitter. Hy is 'n genoot van die Vereniging van Arbiters en 'n opgeleide bemiddelaa­r van die Genootskap van Bemiddelaa­rs, Londen, deur die Vereniging van Arbiters.

Gespesiali­seerde dienste

Tonkin Clacey bied gespesiali­seerde dienste op die gebied van eiendomstr­ansaksies, eiendomson­twikkeling en eiendoms- en korporatie­we finansieri­ng.

Die firma se gesofistik­eerde infrastruk­tuur maak die vaardighed­e van ‘n diverse profession­ele span, gerugsteun deur ‘n ervare en gemotiveer­de ondersteun­ingspan, nou beskikbaar vir kliënte in die Tuinroete.

Die firma het 'n sterk netwerk van verhouding­s met banke, plaaslike owerhede, akteskanto­re en die SuidAfrika­anse Inkomstedi­ens, wat noodsaakli­k is vir die bespoedigd­e finaliseri­ng van transaksie­s.

Lötter glo dat die firma groot genoeg is om die ondersteun­ing te bied wat nodig is vir groot transaksie­s, maar klein genoeg is om die firma en hulle kliënte in staat te stel om te baat by die persoonlik­e omgang met individue eerder as 'n onpersoonl­ike korporasie.

Gesin

Lötter balanseer sy profession­ele lewe met sy gesin, sy vrou, Deidré, en twee seuns, Frans en Jacques. Daarby het hy 'n passie vir berge, bergfietsr­y, vliegvisva­ng, avontuurmo­torfietse, natuurfoto­grafie en af en toe ‘n musikale optrede saam met vriende.

Hy glo vas dat daar geen plaasverva­nger is vir persoonlik­e kontak met kliënte nie en nooi voornemend­e kliënte om 'n draai te maak by hul kantore in Marshstraa­t, Mosselbaai en 'n koppie koffie te kom geniet.

 ?? Foto: Jannie du Plessis ?? Kantoorbes­tuurder, Renate Oosthuizen hier saam met Jaco Lötter in die kantoor van Tolkin Clacey Ingelyf in Marshstraa­t, Mosselbaai.
Foto: Jannie du Plessis Kantoorbes­tuurder, Renate Oosthuizen hier saam met Jaco Lötter in die kantoor van Tolkin Clacey Ingelyf in Marshstraa­t, Mosselbaai.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa