Pain Collective maak klinieke in George en Knysna oop
Dr. Adriaan Liebenberg, ’n neurochirurg wat spesialiseer in die behandeling van rug-, nek-, heup-, knie- en hoofpyn sonder om operasies te doen, het homself onlangs in die Tuinroete gevestig.
Hy is die direkteur van Pain Collective wat bestaan uit ’n netwerk van interdissiplinêre klinieke in die Wes-Kaap, Oos-Kaap en Gauteng.
Liebenberg het nuwe klinieke in George en Knysna gevestig en is reeds aktief besig om pasiënte in die area te sien. Tans konsulteer hy uit die kamers van CAW Biokinetici in Groenkloof in George en vanaf die Advanced-daghospitaal in Knysna.
Pain Collective is besig om ‘n splinternuwe kliniek te bou in Eden Business Park, agter die winkelsentrum in George.
Liebenberg het medies studeer aan die Universiteit van Stellenbosch en het ook sy spesialisgraad in neurochirurgie by Maties voltooi.
Hy het in verskeie eenhede oorsee gewerk en het verdere opleiding in neurochirurgie deurloop in Brittanje, waar hy ook verskeie
navorsingsprojekte begin het.
Hy het reg oor die wêreld voordragte op internasionale kongresse aangebied. Hy is ook die outeur van verskeie teksboeke in neurochirurgie.
Liebenberg is in privaat praktyk sedert Augustus 2005 en het in Panorama en Paarl gepraktiseer.
Liebenberg en sy vrou, Jolandi, het hulle in Wilderness gevestig en geniet valmskermsweef, stap, golfski, bergfiets, motorfietsritte en kayak.
Afsprake met Liebenberg by Pain
Collective kan gemaak word by 087 550 0644 of info@healthcollectiveheal.com
Besoek die webwerwe, thepaincollective. com en www.adriaanliebenberg.co.za, vir meer inligting.
Dr. Liebenberg het nuwe klinieke in George en Knysna gevestig en is reeds aktief besig om pasiënte in die area te sien.