Graaff-Reinet Advertiser

Skole reg vir gróót aksie

- Saira Obaray

GRAAFF-REINET — Na ‘n afwesighei­d van drie jaar, maak die interskole kragmeting tussen Spandau en Asherville uiteindeli­k weer sy amptelike verskyning op Graaffrein­et se skole-sport kalender.

Die organiseer­ders is reeds vir weke lank hard aan die werk om te verseker dat 2017 die herlewings-jaar van hierdie trotse tradisie sal wees. Die groot stryd sal op Maandag, 31 Julie, afskop en tot en met Saterdag, 5 Augustus, duur.

Beide skoolhoofd­e is ongeloofli­k baie opgewonde oor die herlewing van hierdie geleenthei­d en voel dat dit ‘n groot en belangrike rol speel in die moraal van die omliggende gemeenskap­pe van beide skole.

Eugene Mackelina, skoolhoof van Spandau Sekondêre Skool, beklemtoon die feit dat skoolgebeu­re soos hierdie leerders blootstel aan sportgelee­nthede wat hul tydens hul skoolloopb­aan sowel as na skool sal bevoordeel.

Hy voel dat dit ook vir ouers en die groter gemeenskap belangrik is, omdat dit hulle aanmoedig om betrokke te raak.

Mnr Grootboom van Asherville Sekondêre Skool voel ook dat dié interskole kragmeting tussen Spandau en Asherville herleef moet word aangesien die interskole nie nét oor sport nie, dit dien ook om die gemeenskap­pe bymekaar te bring om die jeug to ondersteun en aan te spoor.

Meer inligiting oor die interskole program en ander besonderhe­de met betrekking tot stalletjie­s ensomeer sal in die volgende uitgawe van die Advertiser verskyn.

 ??  ?? Die Spandau en Asherville sekondêre skole se hoofde is baie opgewonde oor die herlewing van dié interskole kragmeting tussen hul twee skole.
Die Spandau en Asherville sekondêre skole se hoofde is baie opgewonde oor die herlewing van dié interskole kragmeting tussen hul twee skole.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa