Graaff-Reinet Advertiser

CAMDEBOO MUNISIPALI­TEIT

-

PUBLIEKE KENNISGEWI­NG VIR INSPEKSIE VAN AANVULLEND­E

WAARDASIER­OL EN INDIENING VAN BESWARE Hiermee word kennis gegee ingevolge Artikel 49(1)(a)(i) van die Munisipale Eiendoms Belasting Wet 6 van 2004 (hierna verwys as die ”Wet”) dat die 2016/2017 & 2017/2018 Aanvullend­e Eiendoms Waardasier­ol beskikbaar is vir publieke inspeksie by die ondergenoe­mde kantore vanaf 17 Julie 2017 tot 16 Augustus 2017, Maandae tot Vrydae, gedurende werksure.

Enige eienaar van eiendom of ander persoon wat so verlang, kan ingevolge die bepalings van Artikel 49(1)(a)(ii) van die Wet beswaar aanteken teen enige inligting, insluitend die kategorie van die eiendom, wat aangeteken of weggelaat is ten opsigte van die waardasier­ol. Die beswaar moet die Munisipale Bestuurder binne bogemelde tydperk bereik.

Dit word beklemtoon dat ingevolge Artikel 50(2) van die Wet, die beswaar wat aangeteken word verband moet hou met ‘n spesifieke individuel­e eiendom en nie die Waardasier­ol as geheel nie. Voltooide vorms moet terugbesor­g word aan die ondergenoe­mde kantore of die Munisipale Bestuurder, Posbus 71, Graaff-reinet 6280, voor of op 16 Augustus 2017. 1. Begroting & Tesourie Kantoor, Caledonstr­aat 12, Graaff-reinet 2. Munisipale Kantoor, Voortrekke­rstraat 17, Aberdeen

3. Munisipale Kantoor, h/v Auret & Mullerstra­at, Nieu Bethesda

Vir navrae bel asseblief : 049 807 5700

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa