Graaff-Reinet Advertiser

Student sterf in ongeluk

-

MIDDELBURG — Jeandré Janse van Nieuwenhui­zen, oftewel Fiefie soos hy as student by die Grootfonte­in Landboukol­lege bekend was, was ‘n energieke jongman met ‘n goeie sin vir humor.

Sy lewensuitk­yk was dat hy die beste wou wees… hy wou boer… hy wou die beste boer ooit wees.

Die pas afgelope Sondag, 16 Julie, omstreeks 2vm is die 20-jarige Jeandré se lewe tragies beëindig toe hy oppad na ‘n vriend in die Kakamas omgewing, tydens ‘n motorongel­uk oorlede is.

Jeandré is op 6 Julie 1997 gebore. In 2015 het hy aan die Hoërskool Martin Oosthuizen, Kakamas, Noordkaap matrikulee­r. Januarie 2017 sluit hy aan as eerstejaar-student by die Grootfonte­in Landboukol­lege in Middelburg.

Op skool het hy in beide sport- en kultuurgeb­ied uitgeblink. Hy het sy skool verteenwoo­rdig in die Top 20-atletieksp­an en in die O.19arugbysp­an.

Hy het in 2016 vir die derde agtereenvo­lgende jaar deurgedrin­g na die finale rondes van die Kyknet Nasionale Toneelspel­kompetisie vir hoërskooll­eerders en gevorder tot die Top 30-ronde van hierdie kompetisie waartydens Jeandré toe ook ‘n rol gewen het in die hoog aangeskrew­e toneelprod­uksie, Vaselientj­ie, onder regie van Shirley Ellis.

Hy het homself bewys as kranige akteur wat ‘n groot verskeiden­heid rolle kon vertolk.

Jeanette Herrman, ‘n studente-maat van Fiefie, dra hierdie huldeblyk aan hom op:

“Ek weet nie waar om te begin nie, dis nog glad nie vir my ‘n werklikhei­d nie... Ek onthou die eerste keer wat ek jou gesien het, het jy dadelik na my gekom en jouself voorgestel met ‘n warm drukkie... Daardie oomblik het ek geweet ons gaan goeie vriende word. Ek was nie verkeerd nie, want jy was altyd daar vir my gewees. Alles wat jy gedoen het, het jy met volle oorgawe gedoen. Jy kon my humeur in die rooi op-“rev”, maar jou hart was nog altyd op die regte plek en het ek geweet, jy toets my net. Dinge gaan beslis nooit weer dieselfde wees nie, dit gaan altyd voel iemand kort... Sien dinge in wit en swart, dink in grys en laat jou liefde kleurvol wees... Tot ons eendag mekaar weer sien...”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa