Graaff-Reinet Advertiser

Boer spartel toe plaasbakki­e vlamvat

-

MIDDELBURG — Sosiale media het die afgelope paar dae behoorlik gegons oor Jannie van Schalkwyk van Raapfontei­n, Hanover, se voertuig wat op ‘n onverklaar­bare wyse aan die brand geslaan het.

Die 3-maande-oue bakkie het slegs 9 500km afgelê. Sedert Van Schalkwyk dié meegaande foto’s op 12 Julie op Facebook geplaas het, het die nuus behoorlik vlamgevat!

Binne vyf dae is dit reeds 4 060 keer op Facebook gedeel. Elkeen het sy/haar eie opinie gehad oor wat gebeur het, maar hier is Van Schalkwyk se werklike ervaring en weergawe van die onverklaar­bare skade…

“Ek, my pa en 3-jarige dogtertjie het in die bakkie gery, terwyl Johan en Salman die skaap kraal toe geneem het. Ek het iets ruik brand en gestop.

Ek het toe opgelet dat daar baie grassaad op die “crossmembe­r” en die teen die uitlaatpyp begin smeul. Die uitlaatpyp loop onderdeur die bestuurder se kant.

Ek het die gras teen die uitlaatpyp toe skoon gemaak asook ‘n veilige deel verder rondom die pyp. Ek het gedink dit is veilig so en geen verdere brand verwag nie.

Ons het ‘n entjie verder tot by die kraal gery waar ons minstens twee ure lank skaap gewerk het voor die bakkie weer aangeskake­l is om terug huis toe mee te ry.

Omtrent vyf minute later het Johan my gestop en terug gehardloop. Ek het nog vir my pa gesê sy hoed het seker afgewaai, maar sien toe hy trap veld dood wat brand.

Ek het dadelik besef wat aangaan, groot geskrik, my dogtertjie gegryp, vir my pa gesê: “Klim uit die bakkie, dit brand!!” en ‘n entjie van die bakkie af gehardloop waar ek haar neergesit het.

Sy wou nie bly staan nie en wou in my arms bly.

Ek het teruggegaa­n om te kyk wat my pa ophou.

My pa is ‘n sterk en gesonde man, maar sy skarniere buig nie meer so maklik en het hy gesukkel om oor die middelmann­etjie tussen die sitplekke te klim.

Sy oë was angsbevang­e en het hy gesê dit brand aan sy kant en dat hy nie daar kan uitklim nie.

Ons was baie dankbaar om hom veilig uit te kry. Ek het vinnig in die bakkie geklim, sonder om die deur toe te maak en die bakkie ‘n entjie vorentoe getrek na ‘n kaal kol.

Die vuur het toe al sterk gebrand met iets wat ek vermoed het diesel is wat dit aanhelp.

Ons het vinnig die skape agterop die bakkie gered, onder andere twee lammetjies wat hul ma verloor het.

Daarna het ons nog goed afgelaai terwyl ons nog veilig gevoel het. ‘n Brandbluss­er kon dalk gehelp het, maar teen daardie ‘diesel’ spuit en sterk vlamme het die bietjie grond wat ons op die vuur kon gooi niks gehelp nie.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa