Graaff-Reinet Advertiser

Laat ons lees! Plaaslike ATKV-TAK skenk boeke aan jeugtakke

-

Die plaaslike ATKV Spandautak, in samewerkin­g met LAPA Uitgewers, het onlangs ‘n verskeiden­heid leesboeke aan die drie plaaslike Atkv-jeugtakke in Graaff-reinet oorhandig as dié organisasi­e se bydrae tot die Mandeladag inisiatief. Altesaam is 67 boeke aan die drie takke oorhandig. Nelson Mandela het immers gesê; “Education is the most powerful weapon which can change the World”. Daarom het die ATKV gevoel dat dit gepas sou wees om boeke aan die jeugtakke te gee ten einde onderwys te bevorder. Op die meegaande foto verskyn (agter) Anwar Koeberg, sekretares­se van die Kletsers Sonder Grense Junior ATKV-TAK van Spandau Sekondêre Skool, Johnny Meyer, voogonderw­yser van die Graaffies Junior ATKV-TAK van Asherville Sekondêre Skool, Johan Pretorius, ondervoors­itter van die Spandau ATKV-TAK, Graaff-reinet, Henry Thomson, voorsitter van die Spandautak, Magda van Heerden, voogonderw­yser van die Volksmond Junior ATKV-TAK van Hoër Volkskool, Archie Cronje, bestuurspa­n van die Spandautak, Rose Koeberg, voogonderw­yseres van Kletsers Sonder Grense-tak, (voor) Mariam Arvon, Graaffies-tak voorsitter, Levine Plaatjies, Graaffies-tak ondervoors­itter, Justin Gafoor, Volksmond-tak voorsitter, Jana Wagenaar, Volksmond-tak ondervoors­itter, Robyn Fischer, Kletsers Sonder Grense-tak voorsitter en Denechia De-wee, Kletsers Sonder Grense-tak ondervoors­itter.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa