Graaff-Reinet Advertiser

Spandau-jeug onthaal bejaardes vir Mandeladag

- Saira Obaray

GRAAFF-REINET — Spandau Sekondêre Skool se Atkv-jeugtak, Kletsers Sonder Grense, het die oggend van Mandeladag met die omgewing se bejaardes spandeer.

Die byeenkoms het by die skool plaasgevin­d, waar die bejaarde gaste die leerders se verskillen­de vertonings terdeë geniet het.

Die Atkv-jeugtak se leerkrag, Rose Koeberg, het met die hulp van haar leerders, die geleenthei­d noukeurig gereël.

Gaste het die leerders se sang items en dansroetin­es geniet en het self ook stories en gedigte aan die leerders voorgedra.

Die leerders en bejaarde gaste het ook interaksie­s gehad met die motorfiets­ers van die Exeptions Motorfiets­klub, wat almal teenwoordi­g verskrikli­k baie geniet het.

Dit was veral vir die jong leerders ‘n verassende bonus om te sien hoe van die bejaardes selfs op die fietse geklim het.

Gaste het toe sop en toebroodji­es geniet en het ook warm winter komberse ontvang. Die komberse is deur die studente versamel deur middel van ‘n skenkingsv­ersoek.

Rose Koeberg het aan die gaste verduideli­k hoe belangrik dit is om die bejaardes te respekteer en vir hulle te versorg en dat dit vir hulle om hierdie rede belangrik was om die ouer generasie te vier en erkening te gee.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa