Graaff-Reinet Advertiser

Skool se sportsterr­e word gepas vereer

-

MIDDELBURG — Die Primêre Skool Karel Theron (KT) se jaarlikse sportdinee vir 2017 is op glansryke wyse gevier op Donderdag, 12 Oktober.

Die gaste, eregaste en pryswenner­s het heerlik gesmul aan die driegang ete wat deur die leerkragte voorberei en bedien is.

Juan van der Merwe was die gasheer en het hom goed van sy taak gekwyt. Comrades-atleet Errol Thomas was die eregas en het ook die trofees by die gala aand oorhandig.

Hy het met sy motiverend­e toespraak KT se sportsterr­e met nuwe oë na die toekoms laat kyk.

Willie Joubert het namens Karel Theron ‘n ondersteun­ers hemp aan Thomas oorhandig om hom te bedank vir sy bydrae.

Karel Theron se jong sportsterr­e is vereer vir hul deelnames aan Middelland­e-, Oos-kaap-, OP Platteland- en Chris Hani-spanne. Trofees vir die Veelsydigs­te Sportman en Sportvrou asook die Beste Atlete van 2017 is aan Ethan Muller en Megan Newton oorhandig.

By die rugby is Ehtan Muller as Beste Rugbyspele­r, Beste Agterspele­r asook O.13a-rugbykapte­in aangewys, terwyl Jacques Gerber as Beste Voorspeler, Hennie Pienaar as Geesdrifti­gste Speler en Chris Hayes erken is as getroue bywoner.

Megan Newton is aangewys as Beste Net- Ethan Muller ontvang sy toekenning as Primere Skool Karel Theron se Sportman van 2017 van Comrades-atleet, Errol Thomas.

balspeler van 2017, Chaneke Kock as Beste Aanvallend­e Speler, Lara Barnhoorn as Beste Verdedigen­de Speler, Erika van Deventer vir Beste Vordering en Isa Schoombee vir Belowendst­e Netbalspel­er. Megan Newton, die Primere Skool Karel Theron se Sportvrou van 2017, saam met haar trotse ouers, Andrew en Colette Newton.

Die tennis-, skaak- en krieketspe­lers asook 34 atlete is ook vereer. Caswin Roy is aangewys as KT se skaakspele­r van die jaar, terwyl Chaneke Kock en Douw lessing as beste tennisspel­ers vereer is.

Nina Perry en Corné Coetzee het beste vordering by tennis getoon.

Agtien atlete wat in die Distrikspa­n opgeneem is asook sewe wat vir die Chris Hani-span deelgeneem het, is vereer.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa