Graaff-Reinet Advertiser

Fokus op Middelburg

-

Hoërskool Middelburg (MHS) se 2017 matrikulan­te se heel laaste dag van skool het uiteindeli­k aangebreek. Met bietjie heimwee oor 12 jaar se skoolloopb­aan wat nou so vinnig sy einde bereik het, het hul in ‘n ry gereed gestaan om die skoolsaal vir oulaas binne te stap. Trane het vlak gesit, maar almal het vinnig saamgestaa­n vir ‘n laaste groepfoto om die oomblik te verewig. Die skoolsaal was stampvol gepak met ouers, onderwyser­s en mede-middies wat van hulle kom afskeid neem het. Na afloop van die saal byeenkoms, is hulle in die klubhuis trakteer met heerlike eetgoed. MHS wens hierdie klas sterkte toe met hulle finale eksamen wat eersdaags begin. Mag julle net jul heel beste gee, want soos SBL Voorsitter, Jako Meyer altyd sê: “Hierdie is die HEEL belangriks­te eksamen van jou hele lewe”. MHS het Saterdag g aan die Cradock Top 10 Atletiekby­eenkoms s deelgeneem. Drieen -tagtig skole hetet aan die byeenkoms deelgeneem en MHS behaal ‘n algehele sewentiend­e plek. Jannie Blom (Seuns O.17) verwerf ‘n brons medalje in die 400m, Sanrie Lessing (Dogters O.15) verwerf ook ‘n bronsmedal­je in die verspring, Wanga Thiso (Seuns O.17) kry goud in die hamergooi, Guhan van der Ryst (Seuns O.15) verwerf brons in die 800m, Lihle Mlondleni (Seuns O.17) kom tweede in die hoogspring, Wanga Thiso (Seuns O.17) eindig derde in die hoogspring en Clive Green (Seuns O.17) verower goud in die spiesgooi.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa